Thursday, 28 June 2007

HOW TO BE PUBLISHED IN FAMILIA

On 16 June 2007 Richard Ford, editor of FAMILIA, addressed the West Gauteng Branch of the GSSA on the matter of “How to be Published in Familia, the quarterly journal of the Genealogical Society of South Africa”.

Below follows Richard’s summary.

Background

Familia was launched 43 years ago when the Genealogical Society of SA was founded in August 1964. In all this time it has had only four editors:
  • Cor Pama served in that position for 30 years until 1994;
  • Next was Gideon de Kock of Port Elizabeth who served for two years till 1996;
  • Thys du Preez followed him and held the reins for nine years until 2005;
  • The National Executive Committee appointed me two years ago.
When I took over from Thys du Preez, I drove to Pretoria for a formal hand-over. I asked him three questions – more to show him how clever I was and that I knew what I was doing, than for advice:
  • How many articles did he have on hand after he had published the March 2005 edition? It was a record 56-pager, and he told me that he had printed every word he had received;
  • Second question: how did he generate articles? Simple, he said, one waits for people to send them in and those are published. The size of every edition, thus, depended on what one received from contributors and
  • Lastly I wanted to know how the editorial committee worked. How often did it meet? Did it give him a rough time, and was I supposed to keep the committee on? He suggested that the committee members would probably be relieved if they never heard from me.
Having gleaned all that I could I then I sat through that first March, April and May – waiting for the articles to come streaming in. And that is more or less how it has worked. Until recently, almost every edition followed the same pattern of famine and flood.

Turning to the now: what should you do to have your hard work published in Familia?

The product and readership

One must bear in mind that Familia is the official mouthpiece of the Society. It was created by Cor Pama to serve the members – to give them information to help them in their research and to provide them with the means to display their work to the genealogical community.

For many members Familia is the only visible manifestation of what the Genealogical Society is about. It can be likened to a product sold by any supplier. Customers will keep on buying this product and it will attract more customers, depending on the extent that it satisfies the customer’s expectations and needs.

For this reason the editor must do his job with the understanding that the customer, the reader is the important person, not the writer of the article. This is a judgement call. One man, with the help of his editorial committee, decides what the reader wants and what he or she will find interesting and useful.

If we were to run the Society like any company that believes the customer is king, we would use some basic marketing disciplines to determine the level of customer satisfaction. To find out what improvements to the product would result in a greater level of membership renewals and would attract new customers, we would do a remarkably simple thing. We would ask the customer.

However, in the absence of formal research, I have adopted a different approach. That is to sell the sizzle not the steak. So I focused on appearance and delivery. It seems to have worked – the journals now reach subscribers in the month of publication and this swifter delivery has spurred contributors to speed up their submissions.

Content

Until we do carry out any research, you as the potential contributor to Familia, need to know what the editor wants from you. It’s not difficult. Typically we welcome articles such as:
  • Family trees;
  • Character stories, irrespective of how well known or unknown they are;
  • Historical events and
  • Advice on doing research.
Two things we don’t want are, for example:
  • Character assassinations and
  • Blatant promotion of an interest or a product.
Language and style

In our multicultural society, the question of language is always an interesting one. As a rule we try and give equal prominence to English and Afrikaans. To put a frame around this issue:
  • I have been responsible for the publication of nine editions of the journal;
  • Those nine editions carried a total of 60 articles and
  • 33 Afrikaans and 27 English or, if you like, a split of 55:45 percent in favour of Afrikaans.
Near enough, in my opinion, to prove that this is truly a bilingual publication. For that reason English authors should not feel that they are unwelcome.

Something else that should not frighten off any author is a belief that you can’t write well. As editor, I retain the right to edit your contribution for language and style. By that I mean that I read every article with an imaginary blue pencil in hand. I scratch and delete and fix. Where I can, I check published sources for names and places. When I need the author to do some more work on an article, I send it back with a list of questions and suggestions.

In other words, it is a collaborative process.

To borrow the classic approach from the real estate industry, position, position, position – my final word of advice to you is: submit, submit, submit.

Tuesday, 12 June 2007

DIGITALE "SCRAPBOOKING" EN GENEALOGIE

Vir die persoon wat fotogestalte aan sy genealogiese werk wil gee, is digitale "scrap- booking" 'n groot aanwins. Dit sal enige publikasie, veral as dit vir die onmiddellike familie bedoel is, 'n pronkwerk maak.
Tradisionele “scrapbooking” , met al die tierlantyntjies wat bygekoop moet word, kan 'n duur affêre word. Daarenteen kan digitale “scrapbooking” gratis wees, op voorwaarde dat u reeds 'n skandeerder (scanner) het. Dis boonop maklik. Die groot voordeel van digitale "scrapbooking is dat dit familiegeskiedenis in beeld kan vaslê. Dit kan op papier of digitaal vasgelê asook deur die internet versprei word. Gedagtig daaraan dat ons dikwels heelwat tyd bestee om 'n voorouer se besonderhede op te spoor, bied digitale "scrapbooking" eweneens 'n nalentskap wat baie waarde sal hê. Met hedendaagse tegnologie in ons huise sal ons ons nageslag iets waardevol ontsê as ons nie bêre wat ons kan nie. Ons sal selfs verkwalik word. Daar word nie verniet gesê dat 'n foto 'n duisende woorde vertel nie. Die voorbeeld links bo van Veronica Bosch (nou Fourie) , se gesigte -- van hoërskooldogter tot beroepsvrou -- illustreer dit. 'n Mens kan met een opslag veel van haar karakter te wete kom: 'n vrolike, positiewe, energieke mens, deurgaans goed versorg. Is dit nie juis wat ons graag van mense wil weet nie? Heelwat mense is van mening dat "scrapbooking" uit allerlei sentimentele goetertjies bestaan en hoofsaaklik vir vroue bedoel is. Dit is allermins die geval as dit digitaal-genealogies reg aangewend word. Die meeste “scrapbooking”- programme het sogenaamde “embelishments”. Dis daardie krulletjies en draatjies en ekstra prentjies om ‘n bladsy ‘n kunsinslag te gee, soos dié een regs. Self het ek dit nooit gebruik nie. Moenie ‘n fout maak nie, sommiges daarvan is mooi en baie bruikbaar.
In my publikasie-in-wording oor die “Bosch’e van Braamfontein” het ek ‘n bladsy met vier gesigte, soos dié van Veronica (my suster), aan elke persoon oor wie ek skryf, afgestaan. Ek het ‘n bietjie verder as “scrapbooking” gegaan deur sommige foto’s eers met Photoshop mooi te maak en soms te restoureer. Dít kan nogal tydsaam wees, veral met ou en beskadigde foto’s, maar dis 'n ander onderwerp. Nie almal sal dit nodig vind nie. Hier en daar het ek iets anders gedoen, omdat ek ‘n sekere aspek wou beklemtoon, soos met my oupa en ouma (links). In hul huweliks- kontrak staan onder meer die volgende (sic): “Fifthly:- The appearer of the first part did declare for and in consideration of the said intended marriage and of the love and affection he bore towards the appearerof the second part, to give and donate to and on behalf of the said appearer of the second part the undermentioned live-stock to be her in future solely an exclusively owned, to wit:-
  • 600 merino ewes, all to be properly marked with a square in the left ear behind.
  • 10 cows, all to be properly branded H on the left hind quarter.
And the appearer of the second part, duly assisted as aforsaid did declare to accept the gifts with gratitude.” Voorgaande het hom tot illustrasie geleen. Die rame om die foto's is deel van die "scrapbooking". Dít sowel as die foto's, die skrif en die uittreksel uit die huwelikskontrak kan na enige grootte gerek word. Vanselfsprekend moet 'n mens meet en pas, sodat laasgenoemde leesbaar is en sodat daar balans is Omdat ek nie veel oor allerhande tiertlantyntjies begaan is nie, het ek nie lank na ‘n gratis “scrapbooking”-program gesoek nie. Ek het op Scrapbookflair afgekom. Dit is gratis en by www. scrapbookflair.com aflaaibaar. Dit is redelik maklik om te bemeester. Dis 'n kwessie van 'n bietjie leeswerk en probeer, ek wil amper sê: probeer-en-tref.
  • Die eerste stap in die program is om die grootte van die bladsy te kies. Al my samestellings is "letter size", d.i. 8.5 x 11 duim -- ongeveer A4-grootte. (As 'n mens, ná voltooiing, dit op 'n woorverwerker soos WORD inkopieer, pas dit perfek.)
  • Daarna kan 'n mens voortgaan deur die aanwysings te volg of deur op "Show Standard Templates" te klik. Dit bied verskeie moontlikhede van hoe jou foto's gerangskik kan wees.
  • Volg daarna die eenvoudige aanwysings.
Skrif kan ook in verskeie fonts en groottes ingevoeg word. Soos 'n mens meer vertroud met die program raak, kan verskeie ander prosesse volg, soos om jou eie agtergronde en ander "add-ons" van elders in te voer. Hieronder is nog voorbeelde. Nie almal is my voorkeur nie. Dit illustreer nietemin hoe elke persoon genealogies-digitale "scrapbooking" na sy smaak kan doen.
Klik op foto's om dit te vergroot.
Japie Bosch, Johannesburg

Monday, 4 June 2007

NÁ 79 JAAR KRY SY HAAR MA SE FOTO ÉN 'N HALFSUSTER

“Kan jy dit glo? Op 79 het ek vanoggend die eerste keer ’n foto van my ma gesien.

Dit was die woorde van die 79-jarige me Felicia Jacobs (gebore Fleischack), toe sy Saterdag, 2 Junie 2007, haar halfsuster vir die eerste keer gesien het, tesame met 'n foto van hul ma.

Dié verhaal hieragter het op 4 Junie 2007 in Beeld verskyn. Die berig illustreer die waarde van die Transvaal Argief in Pretoria (asook dié in ander provinsies) as 'n vertrekpunt met die opspoor van familie.

Links: Me Felicia Jacobs (links) en haar halfsuster, Ruth Milne, met 'n foto van hul ma.

Jacobs se susterskinders het me Ruth Milne (72, gebore Hoyle) verlede Maandag ná ’n lang soektog in Port Elizabeth opgespoor. Familie het die twee halfsusters in Pretoria byeengebring.

Jacobs en haar suster, Alma, het hul ma, Hester Jacoba Hoyle (gebore Liebenberg en voorheen Fleischack), nooit geken nie.

Sy en Alma, wat intussen oorlede is, was onderskeidelik drie jaar en sewe jaar oud toe hul ouers geskei is. Hul pa, Gilbert Fleischack, het toesig en beheer oor die kinders gekry. Hy is kort daarna weer getroud. Dié twee dogters het nooit weer iets van hul ma gehoor nie. Niemand is toegelaat om oor haar te praat nie.

Nadat hulle uit die huis is, het hulle haar vergeefs probeer opspoor, maar hulle het nie eers hul ma se volle name en nooiensvan geken nie. Hulle het ook nie geweet dat hul onbekende ma ná die egskeiding weer getrou het en saam met haar tweede man, Edward Ernest Hoyle, na die dorp Mufulira in Zambië getrek het nie. Ruth en Ernest Hoyle jr. is uit dié huwelik gebore.

In 1942 is Hester (die ma) weens breinvliesontsteking in Zambië oorlede, maar die dogters uit die eerste huwelik het dit nooit geweet nie. Hulle was toe 18 en 14 jaar oud. Die kinders uit die ma se tweede huwelik, Ruth en Ernest, was 7 en 6 jaar oud.

Die twee pare kinders het nie geweet waar een die ander is nie.

Die soektog na familie het begin toe me. Lieschen Bernatz, Alma se dogter wat in Duitsland woon, ’n familieregister wou begin.

Met behulp van ’n betaalde navorser is Gilbert en Hester (die pa en ma) se egskeidingsdokumente in die Transvaalse argief opgespoor.

“Dit was ’n openbaring, want toe het ons geweet wat haar naam was. Haar boedel is ook opgespoor. Ons het tóé eers agtergekom sy het nog twee kinders gehad en dat sy in Zambië oorlede is, het mnr Hein Gehle, Alma se seun, vertel.

Die soektog is op die internet voortgesit. ’n Webtuiste van die Mufulira-klub het ’n doodsberig van Ernest Hoyle gehad. Die begrafnisondernemers in dié berig se adres was op Springs.

“Dit was soos om goud te ontdek,” het Gehle gesê. Deur verdere e-posse en die Mufulira-klub se webtuiste het hulle ’n kontaknommer gekry. Milne se skoonseun is daarna opgespoor. Dieselfde aand het Milne en Jacobs (die twee halfsusters) oor die telefoon vir die eerste keer met mekaar gepraat.

Geredigeerde berig geplaas met die toestemming van BEELD.

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (3)

DIE VLOEK OOR DIE DE WETS

DEUR LUCAS RINKEN

Daar word vertel dat ‘n reisiger met sy gesin op die plaas Boontjieskraal in die Caledon distrik, by ene Pieter Daniel de Wet, gebore 25 Mei 1861, wat op die plaas geboer het, aangeklop het. Die rivier was vol en die reisiger wou dit nie waag om deur te ry nie. Hy het gevra of hulle daar kon oornag. Om welke rede ookal, het Pieter de Wet geweier. Die reisiger moes noodgedwonge die vol rivier aandurf. Van sy kinders het in die poging verdrink.

Die reisiger het toe ‘n “vloek” oor die De Wets uigespreek, naamlik dat nie een van die manlike erfgename die voorreg sou hê om tot in hul oudag op die plaas te boer nie en voorts dat hulle aan onnatuurlike oorsake sou sterf.
  • Pieter was die eerste “slagoffer” toe hy in sy Model T-Ford, ná ‘n kerkdiens, van ‘n lae brug afgery het en gesterf het.

  • Sy oudste seun, Hendrik Christoffel (genoem Henry), gebore 21 April 1887, was die tweede "slagoffer". Hy het op 5 Desember 1945 op die plaas met ‘n dorsmasjien verongeluk.
  • Laasgenoemde se enigste seun, Pieter Daniel, gebore 6 Oktober 1916 , was derde. Hy het op 29 Junie 1959 gesterf. Hy en sy seun het in ‘n ingevoerde linkerhandstuur Packard, in digte mis op die pad naby Boontjieskraal van agter teen ‘n vragmotor vasry. Dié seun, ook Hendrik Christoffel, gebore 17 Augustus 1945, is sleg in die ongeluk beseer. Hy het sy skouerbeen gebreek. Daarna was hy betrokke by verskeie ander ongelukke.
  • In 1971 was Hendrik Christoffel die vierde een aan die beurt.
    Sy BMW het teen ‘n berg afgerol. Hy is ernstig beseer. Hy het die hele nag hulpeloos gelê voordat iemand hom gevind het. Hy was lank bewusteloos. Hoewel hy herstel het, was hy daarna ‘n invalide. Hy het ‘n bestuurder gekry om sy motor te bestuur. By geleentheid kon hy die versoeking om sy nuwe BMW te bestuur nie weerstaan nie. Op dieselfde pad waar sy vader en oupa gesterf het, het hy op 24 Junie 1972 in ‘n botsing met ‘n ander motor gesterf.
Só het die laaste manlike erfgenaam, ongetroud, gesterf. Sy oudste suster, Doreza Helena Marie de WET, gebore 19 Julie 1947, en getroud met Uwe KERSANT, het die plaas geërf. Dit is blykbaar vandag nog ‘n spogplaas.

Was dit alles toevallig of die gevolge van die “vloek”?

Sunday, 3 June 2007

KOMITEEVERGADERING VAN 12 MEI 2007

Die takkomitee het op 12 Mei 2007 in Roodepoort vergader.
John Stephens, die taksekretaris, berig.

Elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks (e-SAGI)

Die komitee het sy dank betuig teenoor Lucas Rinken vir sy feitlik heeltydse werk aan dié projek. Richard Ford en Dennis Pretorius is bedank vir hul bydrae om die nuwe CD te skep.

Dié projek was voorheen bekend as die Rinken-De Wet-databasis. Die prys van die CD is van R100 na R120 verhoog, hoofsaaklik vanweë verhoogde produksiekoste.

Die omvang van die werk aan die projek het aansienlik vergroot. ‘n Beroep is op taklede gedoen om hulle vir dringende werk wat afgehandel moet word, beskikbaar te stel. Sodaniges kan Lucas bel by 011/760-3009.

Blog (webtuiste)

Die komitee het sy dank aan Japie Bosch ooregedra vir die skep en instandhouding hiervan. Japie het gemeld dat hy minstens een keer per week nuwe berigte op die blog sal plaas. Taklede is versoek om die blog se adres te bevorder. Dit is by www.westggsa.blogspot.com.

Lede is altyd baie welkom om bydraes te lewer en voorstelle te maak. Dit kan gestuur word aan: jrjbosch@telkomsa.net. Daar moet onthou word dat die Genootskap en veral die tak vir alle vlakke van genealoë voorsiening maak. Daarom hoef bydraes nie noodwendig lang artikels te wees nie. Enige betekenisvolle bydraes is welkom. Dit is 'n geleentheid vir taklede om mekaar te ondersteun -- een van die hoofdoelwitte van die tak.

Lede kan berigte wat hulle op papier wil hê, "copy" en "paste" in hul woordverwerker, soos WORD. Selfs die hele blog kan so gedruk word.

Die nuusbrief sal voorlopig nog per e-pos gestuur word. Dit sal uiteraard die berigte van die blog, met enkele wysigings, bevat. Die komitee sal weer hieroor besin.

100 Familie-webtuistes

Lucas Rinken het gemeld dat hy reeds meer as 100 familie-webtuistes se adresse op voorgaande ingevoer het. Dit kan gesien word by die GGSA se webtuiste.

Opleidingskursusse

Die tak het op 3 Februarie vanjaar ‘n opleidingkursus van drie ure lank vir beginners in Roodepoort aangebied. Dit was eweneens baie geslaagd. Sowat 25 mense het dit bygewoon.

Daar sal aanstaande jaar weer een gehou word. Daar is besluit om dit aan die Oos-Rand aan te bied, omdat die tak sowat 35 lede daar het.

Interssantshalwe: die koste was toe R50 per lid (R90 saam met 'n gade) en R75 vir nie-lede (R135 saam met 'n gade). Dit het 'n handleiding en verversings ingesluit. Die program het onder meer lesings ingesluit oor: werskwyses, ongepubliseerde bronne, internet bronne, amptelike bronne, wetenswaardighede en 'n aanbieding oor eie familiegeskiedenis. 'n Ware winskoop!

Iets om voor op die uitkyk te wees aanstaande jaar.

Finansies

Dennis Pretorius, voormalige tesourier, het die geldsake amptelik aan Kriek Fourie, die nuwe tesourier, oorhandig.

Ongelukkig is daar 'n klompie lede wat nog nie hul jaargeld betaal het nie. Kriek sal dit opvolg.

Biblioteek

Louise Dick, die bibliotekaresse, het tot nou die tak se biblioteek in haar huis gehuisves. Sy het verhuis en ‘n nuwe biblioteektuiste moet gevind word.

‘n Lys van boeke sal eersdaags op die blog verskyn.

Vraelys

‘n Vraelys is vroeër na lede gestuur waarin hulle hul voorkeure moes aandui met die oog op vergaderings/-aktiwiteite elke derde Saterdag van die maand. Lede se voorkeure (in volgorde) was soos volg:

1, British research (Reeds aangebied)
2. Transvaalse argief in Pretoria: (Ongelukkig is dit meer op Saterdae oop nie)
3. “Online Databases” (Reeds aangebied)
4. Besoek aan die Oorlogmuseum (Reeds plaasgevind)
5. ‘n Toer na Cullinan (Word ondersoek)
6. Begraafplaasoptekening. (Ferndale reeds opgeteken)
7. Begraafplaas-aantekening (Begraafplase: waar geleë)
8. Besoek aan die Vaaldriehoektak
9. Duitse Setlaars
10. 1820-Setlaars
11. Berlin Missionaries
12. De Wet-boek-skrywer

Skenking

Barbara Bouwer is bedank vir die skenking van breekware en eetgerei aan die tak vir gebruik met die bediening van verversings ná takvergaderings.

Saturday, 2 June 2007

BESOEK AAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE MUSEUM VAN MILITÊRE GESKIEDENIS

Die tak het op 21 April 2007 bogenoemde in Saxonwold, Johannesburg besoek. Die museum is in die Johannesburgse dieretuin geleë. Mnr. Hamish Paterson (links) het die 18 teenwoordiges op ‘n interessante toer geneem. Hy het onder meer getoon hoe sekere kentekens moontlik kan help met die bepaling van datums van gebeurtenisse.

Baie van die lede het na agterna hul begeerte uitgespreek om die museum weer persoonlik te besoek en noukeuriger deur die museum te gaan. -- John Stephens

Friday, 1 June 2007

GOOGLE ALERTS; GOOGLE IMAGES; WIKIPEDIA AND GEDCOM

GOOGLE ALERTS

Google Alerts is a very handy, easy- to- use, tool if you want the latest articles/news/developments about a subject on the internet and be automatically notified about them regularly via e-mail.

• Go to www.google.com.
• Under the “e” of “Google” you will notice the word “more”. If you click on that, it will take you to a another screen.
• Under “Search” the first choice is “Alerts”.
• Go there.

An alternative method is to go to www.google.com and search for Google Alerts. This will get you to: http://www.google.com/alerts. Go there.

Here you can key in a topic of your choice, such as: Genealogy; Ancestry; Family Search; Family Tree, Rugby, Cricket, Bridge, Photography, Cooking, UFO's, Gardening, Chess -- whatever you wish.

Complete the rest and await an e-mail to confirm that it was you who requested the alert. Hereafter you will receive e-mails of the latest on the web concerning that subject.

GOOGLE IMAGES

People, genealogists included, are often looking for a photograph or an image to illustrate something.
• Go to www.google.com.
• Under the “G” of “Google” you will notice the word Images. Click on it.
• Enter the name of the person whose photograph you require, a building name or whatever you need. If it is on the web, it will be displayed.

Recently, a friend was looking for a picture or sketch of a hartbeeshuisie. It was found within seconds.

To make your search more accurate, key your request between quotation marks. Try your own name!

WIKIPEDIA

This is a multilingual, web-based, free content encyclopedia project. Wikipedia is written collaboratively by volunteers; its articles can be edited by anyone with access to the Internet. Wikipedia's name is a portmanteau of the words wiki (a type of collaborative website) and encyclopedia. Its primary servers are in Tampa, Florida, with additional servers in Amsterdam and Seoul.

Wikipedia's English edition was launched on January 15, 2001. The project is currently operated by the Wikimedia Foundation, a non-profit organisation created by Jimmy Wales, the co-founder of Wikipedia. Wikipedia has approximately 7.2 million articles in 251 languages ,1.7 million of which are in the English edition. You will even find Afrikaans articles. It has steadily risen in popularity since its inception and currently ranks among the top fifteen most-visited websites worldwide.

Due to its open nature, critics have questioned Wikipedia's reliability and accuracy. The site has also been criticized for its susceptibility to vandalism, uneven quality, systemic bias and inconsistencies, and for favoring consensus over credentials in its editorial process. Wikipedia's content policies and sub-projects set up by contributors seek to address these concerns. Two scholarly studies have concluded that vandalism is generally short-lived and that Wikipedia is roughly as accurate as other encyclopedias. (Source: Wikipedia)

GEDCOM AND HOW TO USE IT

One of the biggest advantages to using the Internet for genealogy research, is the ability it provides to exchange information with other researchers. One of the most common methods used for this information exchange is the GEDCOM, an acronym for GEnealogical Data COMmunication. In simple terms it is a method of formatting your family tree data into a text file which can be easily read and converted by any genealogy software program.

GEDCOM was developed by The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints as an aid in their extensive genealogical research. A GEDCOM file is plain text containing genealogical information about individuals, and data linking these records together.

Most genealogy software supports importing from and/or exporting to GEDCOM format.The GEDCOM specification was originally developed in 1985 and is owned and managed by the Family History Department of the Church of Jesus Christ of Latter Day Saints.

A GEDCOM specification uses a set of TAGS to describe the information in your family file, such as INDI for individual, FAM for family, BIRT for birth and DATE for a date. Many beginners make the mistake of trying to open and read the file with a word processor. Theoretically, this can be done, but it is a very tedious task. GEDCOMS are best suited for opening with a family tree software program or a special GEDCOM. Otherwise, they basically just look like a bunch of gibberish.

Anatomy of a GEDCOM File (for the more technical)

If you have ever opened a GEDCOM file using your word processor, you have probably been faced with a seeming jumble of numbers, abbreviations, and bits and pieces of data. There are no blank lines and no indentations in a GEDCOM file. That's because it is a specification for exchanging information from one computer to another, and was never really intended to be read as a text file.

GEDCOMS basically take your family information and put it in an outline format. Records in a GEDCOM file are arranged in groups of lines that hold information about one individual (INDI) or one family (FAM) and each line in an individual record has a level number. The first line of every record is numbered zero (0) to show that it is the beginning of a new record. Within that record, different level numbers are subdivisions of the next level above it. For example, the birth of an individual may be given level number one (1) and further information about the birth (date, place, etc.) would be given level two (2).

After the level number, you will see a descriptive tag, which refers to the type of data contained in that line. Most tags are obvious: BIRT for birth and PLAC for place, but some are a little more obscure, such as BARM for Bar Mitzvah.

A simple example of GEDCOM records (Explanations are in blue):

0 @I2@ INDI <- The level 0 means this is a new record. The INDI tag means the record is for an individual.
1 NAME Charles Phillip /Ingalls/ <-name of individual
1 SEX M <- level 1 info denotes data about the individual in level 0, Charles Ingalls
1 BIRT
2 DATE 10 JAN 1836 <- this is level 2, because it refers to the birth in level 1 above
2 PLAC Cuba, Allegheny, NY
1 DEAT
2 DATE 08 JUN 1902
2 PLAC De Smet, Kingsbury, Dakota Territory
1 FAMC @F2@
1 FAMS @F3@
0 @I3@ INDI <-A new record (level 0) for a new individual
1 NAME Caroline Lake /Quiner/
1 SEX F
1 BIRT
2 DATE 12 DEC 1839
2 PLAC Milwaukee Co., WI
1 DEAT
2 DATE 20 APR 1923
2 PLAC De Smet, Kingsbury, Dakota Territory
1 FAMC @F21@ <-FAMC indicates the FAM record where this person appears as a Child
1 FAMS @F3@
<-FAMS indicates the FAM record where this person appears as a Spouse

As you can see, a GEDCOM is basically a connected database of records with pointers which keep all of the relationships straight. While you should now be able to decipher a GEDCOM with a text editor, you will still find it much easier to read with the appropriate software. (Source: Wikipedia)

MONTHLY MEETING: 16 JUNE 2007

Date: 16 June 2007;

Venue: LDS Church, Philips Avenue, Discovery, Roodepoort,
(Scroll down for map).

Commencement time: 14:00.

Topic: How to be published in Familia

Speaker: Richard Y Ford,
editor of the Society’s quarterly journal, Familia.


Having been responsible for the publication of nine editions of the journal over the past two years, he maintains he is qualified to give advice to aspirant authors. And to explain to them what the editor looks for in deciding whether contributions are worthy for the Society’s journal. In his presentation he will touch on readership, contents, language and style.

Shortened CV

Richard was appointed editor of Familia in March 2005 when he was co-opted onto the National Executive Council of the Genealogical Society of SA at its annual general meeting held in Cape Town. He joined the Society in 2002 as a member of the West Gauteng branch where he also served as chairman for two years: 2004 and 2005. At the insistence of the branch management committee, he launched the alternate-monthly newsletter, West Gauteng News in 2004.

Now in semiretirement, Richard spent his working life in the United and Perm building societies, J Walter Thompson advertising agency, Systems Publishers and the Foundation for African Business and Consumer Services. He is the company secretary for the New Seasons group of companies, and is a media analyst at Ingeniso Business Intelligence in Ferndale, Randburg

Fee: R5,00 per person for refreshments.

Click on Map to enlarge. (Map: Mail and Guardian)

Sunday, 27 May 2007

KOERANTBIBLIOTEEK BY UNISA


Een van die mees benutbare biblioteke vir die genealoog is die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se oudio-visuele biblioteek (mikro-teks) in Pretoria. Dit bevat onder meer derduisende Suid-Afrikaanse koerante op mikrofilm.

(Klik op Die Afrikaanse Patriot (links) om dit te vergroot. Fotobron: Nedweb)

Daar sal ‘n mens verskeie koerante vind wat tot sover terug as 1800 dateer -- 207 jaar gelede. Van die koerante wat hier te vind is, sluit (alfabeties) in:

Argus: 1857 -- nou
Afrikaanse Patriot: 1880 -- 1900
Beeld: 1974 -- Nou
Cape Mercantile Advertiser: 1852 -- 1889
Cape Times: 1876 -- Nou
Cape Town Gazette: 1800 -- 1850
Daily News/Sunday Tribune: 1887 -- nou
De Ware Afrikaan: 1838 -- 1842
De Zuid-Afrikaan: 1830 -- 1910
Die Burger: 1915 -- nou
Die Transvaler: 1937 -- 1993
Die Vaderland: 1965 -- 1981
Eastern Province Herald: 1845 -- 1910
Friend of the Free State/The Friend: 1850 -- 1890
Grahamstown Journal: 1831 -- 1913
Hoofstad: 1968 -- 1983
Kaapsche Grensblad: 1844 -- 1861
Land en Volk: 1891 -- 1907
Natal Mercury: 1852 -- 2000
Natal Witness: 1846 -- 1901
New Nation: 1986 -- 1997
Oggendblad: 1972 -- 1982
Oosterlig: 1937 -- 1982
Pretoria News: 1898 -- nou
Rand Daily Mail: 1902 -- 1985
SA Commercial Advertiser: 1824 -- 1869
Sunday Times:1906 -- nou
The Star: 1889 -- nou
Volksblad: 1916 -- 1980
Volkstem: 1873 -- 1910.

Neem kennis: bogenoemde is nie die volledige lys nie. Gebruikers kan by die biblioteek navraag doen oor 'n koerantnaam wat nie hier verskyn nie.

Voorgaande koerante is almal op mikrofilm neergelê. Die koerante is volledig gefotografeer. Mev Louise Gerber van die biblioteek stel dit só: “As ‘n koerant ‘n Pick ‘n Pay-invoegsel gehad het, sal selfs dit ook daar wees". Koerante is nie tot op dag en datum in die biblioteek nie, aangesien tyd vir die mikrofilming toeglaat moet word.

Om dié biblioteek te gebruik, kos R35 per dag. Lidmaatskap vir ses maande beloop R125. Dit is belangrik om vooraf ‘n plek te bespreek, vanweë beperkte geriewe.

Van die geriewe sluit in kopieermasjiene en internetverbinding waarmee gebruikers die berigte of bladsye regstreeks van mikrofilm na ‘n e-pos kan stuur.

Mev Gerber wys daarop dat sy en ander personeel met graagte help, maar gebruikers sal hulself baie moeite en soektogte spaar as hulle naastenby weet wanneer dit waarna hulle soek, gepubliseer is. Die biblioteek is bereid om mense met enkele navrae per telefoon te help, maar weer eens moet hulle ‘n koerantnaam en datum gereed hê, verkieslik 'n presiese datum.

Mev Gerber is bereikbaar by 012/429-3209. Die biblioteek is in die Samuel Pauw-gebou op die hoofkampus van Unisa in Pretoria. Mense wat die biblioteek wil besoek, kan haar vir aanwysings daarheen skakel.

  • NG Kerkregisters wat insluit: doop-, huweliks- en begrafnisregisters is ook by hierdie biblioteek te sien.

Tuesday, 22 May 2007

A DNA SAMPLE CAN TRACE YOUR FAMILY HISTORY

At the monthly meeting of the
West Gauteng Branch, GSSA on 19 May 2007
Johann Ahlers referred in his talk to
The
Sorenson Molecular Genealogy Foundation (SMGF).
What is it?


By Doug Ware, KUTV.com

For years, genealogy research has mainly consisted of historical documents, complex family trees and libraries of data. But now, a Utah-based organization is using actual genetic code to trace -- and connect -- family histories across the world.

James Sorenson and a local organization have merged resources to form what is known as the Sorenson Molecular Genealogy Foundation (SMGF), with the goal of broadening family history research and connecting people from all over the world – with a new technological database built on human DNA.

There are already several Internet websites that incorporate the use of genealogy and genetics, leading many researchers to believe that this sort of gene mapping could be a revolutionary new method.

With more than 5 billion people on the planet, speaking a myriad of various languages, it might be hard for some to believe that literally any one of us could be connected to the same ancestors. Sorenson believes that using DNA to trace our family histories will illustrate how closely linked the world actually is.

“DNA and what we are finding out and learning has such a tremendous potential for good,” he says.

“What grew… was the desire to create a database that we could use to connect all of the people of the world, both genetically and genealogically to demonstrate how close we really are,” says geneticist Scott Woodward, who collects DNA samples for the SMGF.

To start the project, researchers needed to gather various samples from people around the world in order to connect them. Getting samples from Utahns with European backgrounds wasn’t difficult, due to the state’s predominant Caucasian population, but retrieving codes with ties to the rest of the planet was more of a challenge.

After years of effort, researchers gathered samples from the far reaches of the Earth; from China to Cameroon, from Southeast Asia to South Africa, and many points in between. Some samples even come from remote villages in Central America, where the inhabitants often speak dying languages.

And many of us, the DNA shows, are closely connected with these people through genealogy.

To demonstrate how the procedure works, news reporter, Fields Moseley, gave researchers a sample of his own DNA to see where his family history would lead. The sample, extracted from Moseley’s mouth, went into a database along with information on his family’s known history.

Before long, Moseley’s genetic sample was broken down to its molecular level so that researchers can more clearly analyze the DNA code. To many, the sample turns out to look like a number of squiggly lines on a computer screen but to expert eyes they are markers with meaning. (Click on diagram to enlarge.)

After a run of Moseley’s sample through the database, researchers connected him to a man named Robert Moseley, who was born in Virginia nearly 300 years ago. It is likely, the research indicates, that he is Moseley’s great, great, great, great, great, great grandfather.

And the genetic connections aren’t always obvious. Last names among relations, for instance, don’t always match.

Next, Moseley was matched with the name Holgate from Kane County, Utah. And although Fields is not originally from this state, all but one of his DNA markers matched Holgate’s. The experts concluded that sometime in the last 200 years, Moseley and Holgate shared a common ancestor – most likely in Great Britain.

Moments later, Moseley was linked to the name Boutwell – the two of which had an exact DNA match. It was another ancestor connection for the KUTV reporter.

Some of the mystery may be clarified by knowing that surnames have often changed over the past several hundred years, with some branches of family trees dying off. 500 years ago, there were far fewer people living in the world which means that sometimes family relatives – like cousins – married, leading some family trees to look more like genetic “webs.”

“We can go beyond that and find out where you genes were in the Middle Ages… where your genes were 2,000 years ago,” Woodward says.

The SMGF is hoping to acquire and process approximately 500,000 DNA samples from around the globe for inclusion into the database. Anyone can give their own sample to the foundation, and receive a basic report at no cost. More a more detailed family analysis, the cost per person is approximately $75. (You can request a participation from the SMGF via its website by clicking on the link below)

As complex as their project is, researchers say the end result is a humanitarian one.

“Realize how closely we are all related to one another,” Sorenson says.

“We just need to know that more … and feel it.”

LEARN MORE: Sorenson Molecular Genealogy Foundation - Official Site

Saturday, 5 May 2007

GENEALOGIESE TAALGOGGAS?


Vroeg in Mei 2007 het ‘n gesprek op SA Genealogie (SAGen), die gewilde gespreksform, oor die begrippe “kwartierstaat” en kwartierstaatverlies” plaasgevind. Hieruit blyk dit dat dit twee genealogiese taalgoggas is.
Hieronder volg die gesprek.


Sylvester Rascher: Die woord “ kwartierverlies” het klaarblyklik algemene inslag gevind en indien ek dit reg verstaan, dui dit op die aanduibare meervoudige voorkoms van ‘n bepaalde voorouer (hetsy man of vrou) in ‘n afkomslinie. Indien dit so verstaan word, het ek persoonlik met, onder andere, vele maal Cloete, Du Toit, Du Preez enVan der Merwe ‘n geweldige “kwartierverlies” in my Afrikaner afkomslinie gely.

Na my mening dra die Afrikaanse woord “verlies” ‘n negatiewe konotasie. Wanneer dit op die genealogie as “kwartierverlies” geprojekteer word, beteken dit noodwendig dat iets verlore gegaan het.

Kwantitatief (getalsgewys) gesproke, is daar ook by my geen twyfel daaraan dat getalle verlore gegaan het nie. In hierdie sin het ek geen probleem met die gebruik van die term “kwartierverlies” nie, maar dan moet dit na my mening in ons genealogiese vakterminologie spesifiek gekwalifiseer word as “kwantitatiewe
(getals) kwartierverlies”.

Die rede hiervoor is, na my mening, dat ons, anders as met kwantitatiewe (of getalwyse) aanduiding, nie sonder meer kan aanvaar dat ons in terme van kwaliteit noodwendig ‘n verlies gely het wanneer ons kwartierstate meervoudige voorouers oplewer en ons in praktyk met minder voorouers as die teoreties moontlike getal opeindig nie

So byvoorbeeld sal die historiese toetrede van ‘n voorouer wat die siekte porforie aan die nageslag oorgedra het, wel tot kwantitatiewe (getalsgewyse) “kwartierwins” lei, maar moontlik nie tot kwalitatiewe (kwaliteitsgewyse) “kwartierwins” nie...

In die lig van die voorafgaande wil ek voorstel dat, indien lede saamstem, ons in ons genealogiese vaktermonologie, eerder gebruik maak van die woord “kwartiervernouing” in plaas van “kwartierverlies”.

Christo Viljoen: Ekself was nog nooit baie entoesiasties oor die woord "kwartierstaat" nie, want vir my het dit die betekenis van iets wat met vier (4) te doen het: vier voorsate, dws jou oupas en oumas? - of dalk vier geslagte? Die WAT gee geen definisie vir die woord "kwartier" aan wat enigsins verband hou met voorsate nie. Die vraag is dan: wat is die "kwartier" in "kwartierstaat"? Ek gebruik deurlopend die term voorsatestaat.

Ek deel jou sentimente rondom die "verlies"-aspek van kwartierstaatverlies. Al sou die term kwartier(staat)vernouing" hierdie konnotasie aanspreek, sou ek wou praat van "voorsateduplisering", want dit sê presies wat dit is.

Paul D Bosman: Die term kwartierstaat het my van die begin van my navorsing dwars in die krop gesteek. Ek kon, soos Christo Viljoen aandui, nie vasstel of dit net met my vier grootouers te doen het nie en of dit my voorgeslagte vir vier geslagte is nie. Hoe meer ek vra hoe minder kon ek die kloutjie by die oor bring. Totdat ek iewers gelees het dat die ou familieskilde uit vier dele bestaan en elke deel verteenwoordig een grootouer, toe kon ek my voorstel dat ‘n kwart van elkeen in my genesamestelling verteenwoordig is. Maar wie se grootouers kom op die familieskild voor?

Sekerlik nie myne nie, hulle het te laat in die prentjie of liewers op die skild gekom (eintlik is nie een van hulle daar nie). Dit verduidelik egter nog steeds nie die staat nie, waar kom die kwart daarin voor? Ek praat nie eens van die kwartierstaatverlies nie, dit klink regtig baie tragies. ‘n Mens het juis met soveel sterftes te doen in genealogie. Die Hollanders praat deure tyd van “kwartierstaat et kwartierstaatverlies”. Gun hulle dit. Gelukkig het ek op een of ander manier op die term "voorsatestaat" afgekom wat nou regtig sê presies wat dit is. Christo se Viljoen “voorsateduplisering” is pragtig, want dit sê ook presies wat dit is.

Chisto Viljoen: Paul Bosman se verduideliking van 'n familieskild wat gevierendeel is (en dus uit vier kwarte bestaan) maak vir my nogal sin, maar verklaar nog nie wat die "kwartier" in kwartierstaat(verlies) is nie. My eie voorsatestaat bestaan uit 'n halfsirkel (waaierkaart), met links my patriargale en regs my matriargale voorsatelyne. As ek nou my vrou se soortgelyke voorsatestaat opstel en onderaan my eie inlas, vorm dit 'n volkome sirkel en is daar vier kwadrante - maar dit is 'n saamgestelde voorsatesirkel en dus iets heeltemal anders.

Ek het my twee oupas en oumas (Viljoen x Fouché, en Pienaar x Van Heerden) se familiewapens afgedruk op my voorsatestaat, en sou die volgende stap (8 familiewapens van my grootjies, of selfs verder terug) kon oorweeg, maar dan raak dit te veel van 'n gedrang. Miskien moet ek my eie familiewapen laat registreer --gevierendeel met verteenwoordigende komponente van elk van die vanne Viljoen, Fouché, Pienaar en Van Heerden! Dan verteenwoordig elke kwart(ier) 'n voorsaat en kan ek seker praat van my kwartierwapen - of is dit nou 'n kulturele wapen?

Ek het met Leon Endemann by die Genealogiese Instituut van SA (GISA) gesels oor die kwartierstaatstorie. Hy verseker my dat dit verwys na vier geslagte, dus 16 individue in die buitenste rand. My voorsatestaat het 256 individue (8 geslagte) in die buitenste rand (en ek kan nog twee geslagte byvoeg, maar dan word dit te groot om af te druk). Ek het finaal afskeid geneem van die term "kwartierstaat" -- ons kan doen sonder hierdie Holandisme.

Terloops, my eie voorsateduplisering is sodanig dat onder die 256 name in die buitense rand is daar net een egpaar wat gedupliseer word -- een aan my patriargale, en een aan my matriargale voorsatekant onderskeidelik. As 'n "verlies" het ek dit nog nooit eintlik ervaar nie.

Wednesday, 2 May 2007

NEEFS, NIGGIES EN KWARTIERSTAATVERLIES


IS JY FAMILIE VAN JOU GADE?

Bostaande was die opskrif van ‘n gesprek wat gedurende Februarie 2007 op die gespreksforum, SA Genealogie (SAGEN), gevoer is. Hier is ‘n aantal van die reaksies.

Paul Bosman, Pretoria: My vrou se ouers is van die Noord-Kaap afkomstig (gebore te Aggeneys en Verneukpan). My ouers is in Johannesburg en Krugersdorp gebore. ‘n Mens kan amper sê dat hulle van die uithoeke van die land kom. Die kans is seker maar klein dat hulle familie van mekaar kon wees, of so het ons gedink. Nou kan ek noem dat ons het 96 stamouers in Suid-Afrika in gemeen het.

Alta Roux: Die Pieters-familie is 'n lewende bewys dat jy (seker darem nou nie blindweg nie) met familie kan trou. Niggies en nefies het met mekaar getrou asof dit uit die mode gaan (of dit was 'n spul mooi mense). Ek het eers hier teen die 1950's 'n geval opgespoor waar 'n neef en niggie getrou het en vier kinders gehad het -- en twee van die vier is met spina bifida gebore. Verder kry ek geen bewyse van oorerflike gebreke nie.

Lucas Rinken, Roodepoort: My vrou is my sewende niggie een maal verwyder. Agt geslagte terug is stamvader Johannes Oosthuyzen en sy vrou Johanna Maartens ons gemeenskaplike voorsate -- sy deur b4, Elsie Oosthuizen en ek deur b6, Petronella.

Dis een van die groot voordele van ons Wes-Gauteng GGSA-databasis, wat nou 315,000 siele bevat. Sulke verwantskappe kan maklik bereken word. Indien enige iemand belangstel om hul verwantskappe te bepaal, stuur vir my so 3 na 4 geslagte terug van elk van die gades en ek sal met graagte die berekening doen.

Johan Pottas, Rekensentrum Universiteit van die Vrystaat (links): Ek is seker dat indien jou voorouers langer as 200 jaar in Suid-Afrika woon, soos myne en as jy ‘n groot genoeg databasis het, is ek familie van die meeste van die genealoë in Suid-Afrika.

Paul Bosman, Pretoria: Ek weet te min van genetika af om gesaghebbend hieroor kommentaar te lewer, maar dit is seker so dat oorerflike kwale van weerskante mekaar kan versterk in die nageslag. Die Rooms- Katolieke het ‘n tabel van familie wat met mekaar mag trou en die wat nie mag nie -- ‘n yslike lys, Neefs en niggies mag wel trou volgens die meeste lande se wette. Die meeste neefs en niggies wat onder my voorsate getrou het, was aan die beginjare van ons volk se geskiedenis hier in Suid-Afrika toe daar maar min mense en dus min keuses was. Dit het tot ‘n geweldige voorsaatverlies gely. Die volgende sommetjie sal die omvang van hierdie verskynsel toelig: my stamouers is gemiddeld tien geslagte voor my in dié land, so ek behoort die volgende aantal stamouers te gehad het: 2 tot die mag 10 = 2x2x2x2x2x2x2x2x2x2 = 1024. Maar in werklikheid was daar net 296 -- dus ‘n geweldige voorsaatverlies van 70,75 persent.

Hennie Nel: In my Nel-familie kom my pa van Guillaume Nel die stamvader se seun Jan (Jean) Nel * 1687 se geslag. My ma se familie weer van die ander seun B10, Pieter Willem Nel. Met my ouers se troue het die twee geslagte bymekaar uit gekom.

David le Roux: My PAF-lêer sê dat ek en my vrou “5th cousins, once removed” is. Wat nog meer interessant is, is dat ons meer as 100 voorouers deel. PAF-lys net die eerste 100. Dis seker nie té verrassend nie, aangesien ons van-voorouers (Le Roux en Malherbe) op dieselfde skip in 1688 uitgekom het en mekaar dus tóé reeds geken het.

Ek wil die bewering maak dat alle Afrikaners van ons kinders se ouderdomme met die “ou” (voor 1700 aangekom) vanne, bloedfamilie van mekaar is. Reeds op hierdie gespreklyn sien ek byvoorbeeld die vanne Nel, Bosman, Roux, le Roux en De Villiers wat in die vorige skrywers se lyne voorkom. My kinders is familie van almal van julle.

Christo Viljoen: Die kwessie van ondertrouery en bloedverwantskap is ingewikkeld. Dit is veral onder die Engelse en die Arabiese wette heeltemal wettig dat neef en niggie met mekaar mag trou. (In sommige state van die VSA en in baie ander lande is sulke huwelike ontoelaatbaar ingevolge die wet). ‘n Bekende voorbeeld van ondertrouery is die Britse koningshuis. Koningin Elizabeth II en haar eggenoot prins Philip het albei gemeenskaplike voorsate in Koningin Victoria sowel as koning Christian IX van Denemarke (waarvan meer vertel word by: http://en.wikipedia.org/wiki/Royal_intermarriage).

As jy gedink het jou en jou vrou se familieverwantskap is ingewikkeld, wees getroos dat die Britse koningshuis s’n veel meer ingewikkeld is.

As ‘n individu in sy eie voorsatestaat gedupliseerde voorsate het, word van kwartierstaatverlies gepraat. Ek weet nie of daar ‘n term is vir duplisering in egpare se onderskeie voorsatestate nie. Dat duplisering van voorsate in Suid-Afrika kan voorkom is heeltemal te verstane, gedagtig aan die klein poel van mense aan die Kaap drie eeue (plus) gelede.

Dieselfde is egter die geval met nasies wat nie deur grootskaalse immigrasie (soos in die geval van die Amerikaners) ontwikkel het nie. Die genepoel van veral eilandstate en ander geïsoleerde gemeenskappe is dikwels baie klein.

Bloedverwantskap (die Engelse term is “consanguinity”) verhoog natuurlik die risiko verbonde aan oorerflike siektes, soos wat die geval was met Alexis, die seun van die laaste Tsaar, Nicholas II, wat hemofilie geërf het van sy moeder Alexandra, ‘n kleindogter van koningin Victoria. Genetiese verwantskappe en resessiewe genetiese siektes is egter ‘n ingewikkelde saak, waarvan meer vertel word in die artikel “Erfenis van voorouergene” op GISA se webwerf by www.gisa.org.za/?ufsp=31.

Interessant is die gevolgtrekking wat in dié artikel gemaak word dat dit heel moontlik is dat ‘n nasaat van een of ander stamvader géén van sy gene besit nie. Dalk is jy en jou vrou derhalwe tog nie “familie” van mekaar nie.

Johan van Breda, Kaapstad: Ek het die gesprek (oor: Is jy en jou gade familie?) met belangstelling gevolg en die volgende stukkie oor ondertrouery aan die Kaap deur Samuel Hudson geskryf in 1803, opgediep.

Goewerneur Lt-genl Jan Willem Janssens wou met sy diensaanvaarding in 1803 van die voormalige sekunde Johannes Izaak Rhenius weet hoe hy die kolonie kon hervorm met moontlike aanduiding van wanpraktyke en korrupsie oor die algemeen van die inwoners. Hierop het Rhenius voorgestel dat vier van die vooraanstaande families aan die Kaap, Van Reenen, Cloete, Van Breda en Eksteen wortel en tak uitgeroei moet word, maar bygevoeg dat hulle deur ondertrouery met mekaar en ook met amper elke ander familie aan die Kaap almal familie van mekaar was en dus sou amper die hele kolonie verban moes word. Die goewerneur het die saak maar daar gelaat. BRON: Shell, Robert C.-H. Samuel Hudson on marriages and other customs at the Cape. Kronos vol. 15 (1989), p.49.

Japie Bosch, Johannesburg (links): het sy eie ervaring. Hy skryf:

Ek is my eie (sesde) neef, maar ons is een keer van mekaar verwyder. My suster is my suster, maar sy is ook my niggie, een keer verwyder.

Onsinnig? Nie rêrig nie.

In die genealogie hoor ‘n mens van byvoorbeeld: derde neefs, twee keer verwyder (third cousins, twice removed). Dit was die geval met my pa en ma. Hulle was vyfde neef en niggie, een keer verwyder.

Die saak staan só:

• Jean Labuschagne (1706 – 1753) en Gesina Steenkamp (1723 -- ) het onder meer twee seuns, Casper (voor 1746 – 1791) en Francois (voor 1753 -- ) gehad;
• My pa stam van Casper af -- hy is sewe geslagte later gebore;
• My ma stam van Francois af -- sy is ses geslagte later gebore;
• My pa en ma was dus neef en niggie, maar omdat sy een geslag voor my pa gebore is (vyfde) is, is hulle vyfde neef en niggie. Onthou, die eerste geslag was broers en die res daarna is eers neefs. Omdat my pa een geslag later gebore is, is hulle een keer (of een geslag) verwyder.
• Vandaar die begrip: vyfde neef en niggie, een keer verwyder.

Die diagram hieronder sit die situasie uiteen.


(Klik op diagram om te vergroot.)

By http://www.mjra.net/relationships-1 is 'n kaart waarmee 'n mens sulke verwantskappe kan bereken.

Kyk ook na: http://en.wikipedia.org/wiki/Cousin_chart

Die snaaksigheid (soos in ha-ha) is dat my naam, as hul seun, onder elkeen se naam kan verskyn. Dan is ek my eie neef, en niks anders nie as ‘n sesde neef, een keer verwyder.

In ons familie kan ons dié speletjie lekker speel. Ek, my broer, susters en ons kinders is dus almal neefs en niggies. Tong-in-die-kies natuurlik (selfs belaglik), maar teoreties-genealogies is dit waar. Soos ‘n oud-studente-vriend altyd gesê het: “Die boek reken só”.

My ouers is oorlede voordat ek die genealogie begin “pleeg” het. Hulle het nooit van hul verbintenis geweet nie. Ek kan my indink hoe ons hulle sou geterg het. Buiten voorgaande is die volgende ook waar: my pa en sy skoonpa was vierde neefs, twee keer verwyder; my ma en haar skoonpa was vyfde neefs.

Wat sou my oupas en oumas van die voorgenome huwelik gesê het as hulle van dié kwessie geweet het? Seker die huwelik verbied het. Oor die siektes wat kon "uitbroei".

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (2)

DIE ABC VAN FREDERIK WILLEM

DEUR LUCAS RINKEN

Op 2 Julie 1741 word aan die Kaap gedoop Frederik Willem ALLEMAN, seun van Rudolph Siegfried ALLEMAN en Johanna Jacoba COETZER. Maar net voor hom en skynbaar met geen familie verbintenis nie, word op 8 April 1735 in Kaapstad gedoop Frederik Willem BUITENDAG, seun van Carl Dietrich BUITENDACH en Catharina VALK en dis laasgenoemde wat meer ons aandag verg. Hy trou op 8 Junie 1766 te Drakenstein met Johanna Wilhelmina KNOETZEN en hul eerste seun word ook Frederik Willem gedoop op 6 April 1777.

Hul tweede seun, Gerrit, gebore 23 Mei 1782 trou in 1807 met Elizabeth Catharina VILJOEN en hul tweede kind word op 23 September 1810 te Graaff-Reinet ook Frederik Willem gedoop. Hy trou op 7 April 1834 te Cradock met Jannetje Willemina Elizabeth Catrina du PLOOY en hulle voeg haar pa se naam by om hul seun die name Frederik Willem Jacobus te gee.

Maar ons stel meer belang in dié seun se suster, Elizabeth Catharina Jacoba Johanna BUITENDAG wie in 1859 te Reddersburg trou met Jacobus Erasmus COETZER en die name Frederik Willem word aan hul seun gegee. Hy is gebore op 21 September 1860 en trou in 1903 te Aliwal Noord met Anna Cecilia FOUCHE. Hulle dogter, Hendrina Cornelia, gebore te Reddesburg op 3 Junie 1904 trou op 11 April 1927 te Reddersburg met Johannes de Klerk en so word hul seun, Frederik Willem de KLERK, gebore op 18 Maart 1936.

Hy is natuurlik niemand anders as oud-President FW de KLERK nie!

ALLEMAN, BUITENDACH/BUITENDAG, COETZER en laastens de KLERK om ons ABC te voltooi!

Tuesday, 1 May 2007

DIE OORSPRONG VAN DIE WES-GAUTENGTAK


Op Saterdag 10 Februarie 2001 het ’n groep entoesiaste in Krugersdorp byeengekom en besluit om die Wes-Gautengtak van die GGSA op die been te bring. Teenwoordig was:

  • Martin Zöllner (links), indertydse nasionale president van die Genootskap;
  • Barbara en Johan Bouwer;
  • Kobus van Dyk;
  • Margaret Humphries;
  • Isebelle Krauss;
  • Lesley en Jan O’Connell Maritz;
  • Colin Pretorius;
  • Dennis Pretorius;
  • Christene en Steven van der Merwe en
  • Petrus van der Merwe, voorsitter van die Johannesburgtak.

    Die eerste bestuurskomitee het aanvanklik bestaan uit: Kobus van Dyk as voorsitter en Otto Krauss as tesourier.

    Die vergadering het besluit om die res van die bestuur op ’n volgende vergadering te verkies wanneer ander lede ook sou teenwoordig wees.

    In sy kort, en lewendige, geskiedenis het ons tak reeds vier voorsitters gehad: Kobus van Dyk, Dennis Pretorius verkies in 2002, Richard Ford 2004, en Lucas Rinken is in 2006 verkies.



    Interessant dat van die oorspronklike lede is Barbara en Johan Bouwer, Isebelle Krauss, Margaret Humphries en Dennis Pretorius nog aktief by die tak betrokke is.
Uit: Wes-Gauteng Nuus, Junie 2006, Redakteur: Richard Ford

NAAMSONTWIKKELING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

Stellenbosch is die oudste dorp in Suid-Afrika. Reeds in 1685 toe die tweede gemeente van die NG Kerk van Suid-Afrika gestig is, het die gereelde skoolonderwys hier begin.

1866: In sir John Herschel se stelsel van openbare skole is Stellenbosch as gemeentelike sentrum van opvoeding erken. Onder die Onderwyswet van 1865 is die Openbare Skool in 1866 as die Stellenbossche Gymnasium gereorganiseer. In Desember 1863 het 'n dertigtal ingesetenes van Stellenbosch in die Ou Leeskamer vergader en hulle verbind om binne vyf jaar 'n sekere som geld vir die stigting van die Gymnasium byeen te bring. In 1873 is die destydse Raad van Eksaminatore deur die Universiteit van die Kaap de Goede Hoop vervang.

1874: In 1874 het die professorale afdeling, die sogenaamde Arts Department, van die Stellenbosch Gymnasium, tot stand gekom. Die Arts Department het aanvanklik uit die Rektor, die weleerw heer Charles Anderson, en twee professore, t.w. prof G Gordon vir Wiskunde en Natuurkundige Wetenskappe en prof A MacDonald vir Klassieke en Engelse Letterkunde, bestaan. Die leerlingtal van die Gymnasium in daardie jaar was 120. In die Derdeklaseksamen (die latere Matriek) het 9 geslaag, en in die Tweedeklaseksamen (die latere BA) 4. In 1879 is daar besluit om 'n behoorlike kollegegebou op te rig. Sir Bartle Frere het in dié dae 'n besoek aan Stellenbosch gebring. Hy was begaan oor die gebrekkige ruimte wat die onderwysmense tot hulle beskikking gehad het en het beloof om 'n goeie woord by die landsregering te doen. Deur die toedoen van sir Gordon Sprigg het die Parlement toe £3 000 vir 'n gebou gestem op voorwaarde dat die publiek dit met 'n gelyke bedrag sou aanvul. Op 22 Desember 1880 is die hoeksteen van die nuwe kollegegebou deur die Administrateur, sir George Cumin Strahan, gelê.

1881: In 1881 het die Arts Department 'n oktrooi as Kollege verkry. Die status en die konstitusie van die Stellenbosch College deur 'n wet van die Parlement vasgestel. Terselfdertyd is daar bepaal dat die Gymnasium onder die beheer van die Kollegeraad sou staan. Die gebou is stuksgewyse voltooi en in gebruik geneem. Op 6 November 1886 is dit ingewy.

1887: In 1887, die 50-jarige jubileumjaar van Koningin Victoria se regering, het sy toestemming verleen dat die kollege die Victoria Kollege van Stellenbosch genoem word. In 1882 was die stigting van 'n Landbouskool in verband met die Kollege onder bespreking. In 1887 is met vyf studente begin. In 1898 is die landbou-afdeling van die Victoria Kollege na Elsenburg oorgeplaas. In 1918 is die landbou-afdeling na Stellenbosch teruggeplaas, en wel as die Fakulteit Landbou van die Universiteit van Stellenbosch.

In die tydperk 1897 -- 1900 is die Fisika-laboratorium en die Christian Marais-biblioteek aangebou. Dit is moontlik gemaak deur die vrygewigheid van die broers JH en CL Marais. In 1899 is die senior matriekklas na die skool verplaas. Deur hierdie afskeiding is die getal Kollege-studente met 44 verminder sodat daar slegs 116 "Arts"-studente oorgebly het. Sowat vyf jaar later is 'n Kollege-uitbreidingskema in die lewe geroep. Plaaslik en elders, veral by oudstudente, is om hulp aangeklop. Hierdie beweging het gelei tot die verdeling van Filosofie en Engelse Letterkunde, en van Grieks en Latyn, die stigting van leerstoele vir Dierkunde, Plantkunde en Geskiedenis, en kort daarna ook vir Toegepaste Wiskunde. Die opleiding van onderwysers en onderrig in die Pedagogiek is van 1876 af van tyd tot tyd oorweeg.

In 1895 is begin om hulp te verleen aan studente wat die gewone program gevolg het, maar van plan was om later 'n onderwysdiploma te verkry. In 1911 is 'n professor in die Opvoedkunde eindelik benoem. 'n Nuwe gebou is opgerig. Twee jaar later is daarnaas 'n groot gebou vir vier van die natuurwetenskappe opgerig. Hiertoe het die Unieregering ruim bygedra. Met die ontstaan van die Unie van Suid-Afrika het die kwessie van hervorming van die hoër onderwys weer ter sprake gekom. Verskillende kommissies is met die oog daarop benoem. Hulle het verskillende oplossings van die vraagstuk voorgestel. Die voorstelle het almal in noue verband gestaan met 'n belangrike skenking van sir Julius Wernher en die heer Otto Beit vir die stigting van 'n sogenaamde "Onderwysende" Universiteit by Groote Schuur. Die eerste wetsontwerp, waardeur die Victoria Kollege aan Groote Schuur ondergeskik gemaak sou word, is met behulp van oudstudente en vriende van Stellenbosch doeltreffend bestry. Dit het nooit wet geword nie. Die Regering het 'n oplossing gevind deur meer desentralisasie. In plaas van één, is daar aan drie universiteite oktrooie verleen.

Wat Stellenbosch betref is dit moontlik gemaak deur die nalatenskap van mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir die hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem.

1918: Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan. Daarvan was 22 professore en 18 lektore.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer.

Bron: Universiteit van Stellenbosch: Historiese Agtergrond

MONTHLY MEETING: 19 MAY 2007

Date: 19 May 2007; Venue: LDS Church, Philips Avenue, Discovery, Roodepoort,
(Scroll down for map).

Commencement time: 14:00.
Speaker: Johann Ahlers;
Topic: Genealogy and Technology: collaborative research in the internet age.

Verkorte CV van spreker:

Johann Ahlers; Gebore 1956;Elektroniese Ingenieur; was lank Direkteur van verskeie divisies van die WNNR (CSIR) en ook Direkteur; Navorsingsondersteuning by UP; tans Bestuurskonsultant.

Genealogie: Ernstige eie navorsing sedert 2001; Lewenslid van die Hugenote Vereniging van SA; Lid van GGSA [Bestuurslid van eGGSA (ledesake en webdienste)]; Lid van verskeie internet-gespreksgroepe oor genealogie (en geskiedenis): SAGenealogie (bestuurslid); Buitenposten; Viljoen-familiebond; Van der Westhuizen; BosmanSA; Boer-War; South-Africa; South-Africa-Immigrants-British; Ahnensuche-Sachsen; Schleswig-Holstein-Roots; Betaalde lid van die volgende kommersiële webwerwe:
www.ancestry24.co.za
www.genesreunited.co.uk
www.onegreatfamily.com

Eie navorsing en inligting: Volledige kwartierstaat van my kinders (gedoen, maar soos alle genealogie, altyd besig om te groei); Gevorderde gebruiker van Legacy; aktiewe gebruiker van e-SAGI. Eenvoudige webwerf by johann.ahlers.googlepages.com Volledige aanlyn kwartierstaat
inligting by: 1. RootsWeb se WorldConnect projek - wc.rootsweb.com (databasis: ahlersvlerouxh) en 2. OneGreatFamily - www.onegreatfamily.com (groep: JR Ahlers).

Fee: R5,00 per person for refreshments. All interested persons are welcome.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...