INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (2)
DIE ABC VAN FREDERIK WILLEM
DEUR LUCAS RINKEN
Op 2 Julie 1741 word aan die Kaap gedoop Frederik Willem ALLEMAN, seun van Rudolph Siegfried ALLEMAN en Johanna Jacoba COETZER. Maar net voor hom en skynbaar met geen familie verbintenis nie, word op 8 April 1735 in Kaapstad gedoop Frederik Willem BUITENDAG, seun van Carl Dietrich BUITENDACH en Catharina VALK en dis laasgenoemde wat meer ons aandag verg. Hy trou op 8 Junie 1766 te Drakenstein met Johanna Wilhelmina KNOETZEN en hul eerste seun word ook Frederik Willem gedoop op 6 April 1777.DEUR LUCAS RINKEN
Hul tweede seun, Gerrit, gebore 23 Mei 1782 trou in 1807 met Elizabeth Catharina VILJOEN en hul tweede kind word op 23 September 1810 te Graaff-Reinet ook Frederik Willem gedoop. Hy trou op 7 April 1834 te Cradock met Jannetje Willemina Elizabeth Catrina du PLOOY en hulle voeg haar pa se naam by om hul seun die name Frederik Willem Jacobus te gee.

Hy is natuurlik niemand anders as oud-President FW de KLERK nie!
ALLEMAN, BUITENDACH/BUITENDAG, COETZER en laastens de KLERK om ons ABC te voltooi!
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.