Wednesday, 12 September 2007

WHAT IS "FILE DESTROYED: REGULATION 64"?

  • QUESTION: I was looking on the SA Archives and found a divorce for James Matthew KOTZE (mother, Jacoba Johanna CHURCH x Kenneth van Breda KOTZE) and Gesina Cornelia. The instruction says "file destroyed by regulation 64 of the Supreme Court". Could someone possibly explain the meaning of this? -- Dorothy via Buitenposten.
  • ANSWER: I have found these remarks on quite a few divorce files whilst working through all the SCOTT and Mc DONALD divorces in the Pretoria Archives. When a party sues his/her spouse for a divorce the first step by the Court is to issue an order for "Restitution of Conjugal Rights" -- that is, return to your spouse and continue with the marital relationship before a given date. If that order is not complied with, the court can then grant a final divorce order. If the matter is amicably settled somewhere along the line before either an "Order for Restitution of Conjugal Rights" or a "Final Divorce Order" is granted by the court, the parties might agree to withdraw the matter from court and could apply that the records be destroyed in terms of Regulation 64. Then no one will know the "gory" details of the divorce action and the declarations made by the respective parties. -- Dennis Pretorius, Krugersdorp, Executive Member of GSSA, Owner of SAGenealogy e-mail list, via Buitenposten and SAGen.
In an ensuing debate the following was said:
  • I had a look at my grandparents' divorce of 1919. My dad was quite young then. It gave me an insight into a lot of what went on in our family. I think it is a good thing if these documents are destroyed. I'm sure my grandparents would be horrified that their private lives are accessible to view to later generations. – Fay Lea.
  • The danger is what one person calls "part of their private lives". Others would see it as deserving public display. For example, many might see a Baptism record as part of their private life, especially some of the early entries in the St Paul's Register which talks of "the illegitimate son of ..." or "so-and-so is the reputed father", but if we destroyed those records where would we be? – Derek Pratt.
  • Why be ashamed of the past. It adds flesh to the bones that we find. My gg-parents were married Wilson and when they came to SA, Wilson-Buchanan. By so doing I haven’t been able to find his birth date or why the name change. And so what if there is a love child or two? Does not this still happen in our lives today. -- Mary Shearar.
  • You are quite right, Derek, in the case of information that concerned others. I was really referring to the acrimonious infighting part of the document, which does not really give any info about anyone else. (And wow was there some!) There was no useful information there, but then again who is to be the judge? Certainly not if one is in any way emotionally involved. – Fay Lea.
  • Back in 1876 a very ugly divorce between my g-grandparents was reported in the newspaper and a cutting came with all the other court papers. The newspaper was very enlightening and gave an account of the cross examination. He was a regular ... (words fail me) who deserted wife and family, embezzled and defrauded his employer, skipped the country and landed in an Australian jail for four years. After nine years he came back and accused her of adultery. The judge's final verdict was that her plea of cruelty and desertion was not enough of a defence and he granted the divorce to my g-grandpa. Now how could I have learned all that but for the file? I might have gone on believing a quite different picture of the man his granddaughter said was a "charming ne'er do well". Newspapers now no longer print the details of a divorce. And if files are destroyed, one can miss so much of the story. That's the real flesh and blood. -- Patricia.
  • Thankfully these files do exist and many secrets do get uncovered. I know from scratching in my families past there are all sorts of "histories" handed down that were twisted and changed from the truth. Not sure why ... maybe to fit with the times and politics. I know my grandmother would never discuss her divorce as it was supposedly "a big shame" and so a big chunk of her life was a secret. If it wasn't for the files in the archives I wouldn't have been able to trace aunts. --Lynn

Monday, 10 September 2007

Rugby-genealogie

Boetman loop nou anderdag deur 'n begraafplaas en kom af op grafsteen waarop staan: "Hier lê 'n skeidsregter en 'n opregte, eerbare man."

Ek dink toe so by myself: Snaaks dat hulle twee mense in een graf gesit het. -- SportRapport, 9 September 2007.

Saturday, 8 September 2007

TAKBESTUUR BEOOG WERKWINKELS

Die Wes-Gautengtak van die GGSA gaan van November 2007 sprekers by maandbyeenkomste met werkwinkels vir sy lede afwissel. Die doel hiervan is dat lede genealogiese kennis en inligting met mekaar deel. Vrae en antwoorde – hoe elementêr ookal – sal ‘n belangrike deel van hierdie sessies uitmaak.

Dít was een van die besluite wat die takbestuur op sy jongste vergadering op 1 September 2007 geneem het.

Van die motiverings vir hierdie soort byeenkoms is dat beter wisselwerking tussen lede bewerkstellig word en dat hulle meer toeganklik tot hulpverlening moet wees. Die tak het tans 82 lede. Kollektief het hulle baie genealogiese kennis en data om uit te ruil.

Een van die eerste vrae wat 'n belangstellende gewoonlik vra, is: "Hoe begin 'n mens?" Sodaniges sal hieroor riglyne kry.

Hierdie byeenkomste sal vir die publiek oop wees.

Dagboek solank die eerste byeenkoms van dié aard: Saterdag, 17 November 2007 om 14:00. Meer besonderhede sal mettertyd gegee word.

Ander besluite wat die bestuur geneem het, is:

  • Bob Saunders (right) was co-opted as a member of the committee. Bob joined the Branch about two years ago and started attending meetings about 14 months ago. He is currently researching the following families: SAUNDERS, JONES, LESTER, LAWSON, RAMPLING, LANDMAN.
  • Die tak se nuwe biblioteek sal op 8 September 2007 by die NG Kerk, Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort ingerig word. Die bibliotekaresse, Louise Dick, sal ‘n beleidsdokument opstel oor die werking van die biblioteek.
  • Nuusbriewe aan taklede en “vriende van die tak” sal voortaan heelwat korter wees, omdat die tak se webtuiste artikels ondervang. Altesame 67 van die 82 lede het internettoegang. Eersgoemde sal die nuusbrief per e-pos ontvang en die oorblywende 15 per faks of pos ontvang. Die nuusbrief sal bestaan uit: die verwelkoming van nuwe lede, kennisgewing van opkomende vergaderings en verslagdoening oor vergaderings.
  • Persone wat belangstelling in lidmaatskap van die tak toon, sal vir ‘n tydperk van drie maande as “vriende van die tak” geag word. Vir hierdie tydperk sal hulle nuusbriewe ontvang.
Ander nuus is:

  • Die Elektroniese Genealogiese Indeks (e-SAGI) bestaan nou uit 346 000 rekords. ‘n Verdere 21 500 sal rekords binnekort bygevoeg word. Hierdie indeks is op CD teen R120 beskibaar. Dit het al menige "familie-soeker" se soektog beëindig.
  • Japie Bosch sal aanstaande jaar verhuis en nie meer as 'n komiteelid beskikbaar wees nie. Hy sal nietemin voortgaan om die webtuiste vir die tak te hanteer.

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (6)

FAURE: ‘n Familie van Predikante

Deur Lucas Rinken

Die Murrays en die Louws is bekend vir die predikante in hul geledere. So ook die FAURE-familie.

e-SAGI se data gaan met hierdie van terug tot by Philibert FAURE, gebore in omtrent 1530. Hy het vroeg in die 16de eeu gewoon in Bourg-en-Presse waar sy voorsate reeds vir twee eeue gewoon het. Sy seun, Antoine, Knight-Baron FAURE is in1556 daar gebore en is in 1624 in Chambery oorlede. Hy was in 1610 President van die Hooggeregshof in Chambery. Dis duidelik ‘n adelike familie. Sy vrou was Benoite, “Countess” de VANGELAS. Hy het nie minder nie as 16 seuns gehad. Ons weet van drie.

Een van hulle, Franciscus, was ‘n vriend van Kardinaal Richelieu -- die eerste kerklike verbintenis.

Die tweede seun Phillipe, gebore in 1608 was vervolg, omdat hy die Hervormde Geloof aangeneem het. Hy was lank opgesluit in die vesting in Grenoble. Nadat hy vrygelaat is, het hy na Switzerland gevlug en van daar na Holland -- nog ‘n kerklike verbintenis.

Laasgenoemde se seun, Pierre, gebore in Januarie 1636, het op 1 Augustus 1663 in Courthézon, Prinsdom Oranje, met Justina Pointy getrou. Hy was drie maal getroud. Ons lees in Familia, 1982, No 2, p 44: “Met sy tweede troue weier "de heer Deydier te Jonquiéries" aanvanklik om "de deur van de kerk te openen", aangesien die huwelik binne skaars 'n aderhalf maand ná sy eerste vrou se dood plaasvind. Hy het as koopman die dag ná sy troue, 2 Augustus 1683, gekwalifiseer.

Met die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 is die Protestante kerke in Orange waar hy gebly het, gesluit. Hy het tot in 1686 daar gebly tot die doop van sy seun Antoine, in Maart geregistreer is. In Mei was hy nog as koopman gelys. Daarna het hy uit Orange na Holland, soos vele ander, gevlug. Hy het later in Orbe, Switzerland gaan woon.

Sy oudste seun het tydens die geloofsvervolging in 1685 verdwyn.

Dis Pierre se tweede seun, Antoine Alexander FAURE, wat die stamvader van die FAUREs in Suid Afrika is. Hy is op 2 Februarie1685 gebore en het op 25 Julie 1736 in Stellenbosch gesterf. Hy het op 30 Augustus 1716 met Rachel de Villiers, dogter van Abraham de VILLIERS (a2) en Susanna Gardiol, getrou.

Antoine se eerste seun, Abraham, gebore op 17 Augustus 1717 in Stellenbosch, was sekretaris en ouderling van die kerk in Stellenbosch. Hy het op 29 Augustus 1756 in Stellenbosch met Anna Maria WIUM getrou.

Abraham se seun, Jacobus Christiaan FAURE, gebore op 28 Julie 1769 in Stellenbosch, is die een wat ons aandag verg. e-SAGI se notas lui: “Jacobus was 'n welgestelde boer van die plaas Vergenoegd aan die oewer van die Eersterivier , waar 'n mooi woonhuis, deur hom gebou, nog in besit van die FAUREs is. Hy was 'n ouderling van die NG Kerk, Stellenbosch. Sy plaas was 14 morg groot en was met 45 000 wynstokke beplant. Hy het ook koringlande bewerk.

Jacobus en Anna was die ouers van twee van die edelste en trouste leraars in diens van die NG.Kerk, nl. dr. Abraham FAURE en ds. PE FAURE”.

Notas oor dr. Abraham FAURE lees: “Abraham was die invloedrykste man in die kerk in sy tyd. In sy jong dae is hy deur die kerkvaders as die vurige jong Timotius beskryf. Hy het in Gosport (ligging onbekend) sy voorbereidende onderwys geniet. Vandaar is hy na Utrecht, Holland om in die teologie te studeer. In 1818 het het teruggekom en leraar van Graaff-Reinet geword. In dieselfde het hy 'n brief aan Graaf Bathurst (Staatsekretaris) geskryf. Daarin het hy voorgestel dat 'n seminarie vir die opleiding van predikante gestig word. In 1822 het hy ds. Fleck in die Kaap opgevolg. In 1824 het hy die eerste kerkie vir slawe in Stellenboschgeopen. Hy was 'n baie vername en bedrywige predikant en het by talle geleenthede as spreker of prediker opgetree.”

In 'n artikel in Die Voorligter van April 1983 het prof. PB van der Watt geskryf: "Sy invloed moet enersyds toegeskryf word aan die krag van sy persoonlikheid en andersyds aan sy veelsydige kontakte met die tyd waarin hy gelewe het. Kort van gestalte, met lewendige donker oë onder dik wenkbrone, was hy 'n vorse persoonlikheid. Hy het inderdaad so vertoon agter die moderatuurstafel van sy Kerk". In 1824 word hy skriba van die Sinode. Vanaf 1829 tot met sy aftrede het hy die betrekking van Aktuarius eervol vervul.

Volgens 'n artikel in Die Kerkbode van 25 Februarie 1959 oor die "Ontstaan van die Sondagskool" geskryf deur dr. HDA du Toit, meld hy: “0p Pinksterdag, 26 Mei 1844, het ds.Abraham FAURE, predikant van Kaapstad, die eerste Sondagskool waarvan ons weet, in die konsistorie opgerig. Ses maande ná die oprigting kon die Kerkraad aan die Ring rapporteer dat daar meer as 400 kinders in die Sondagskool is". In die Stellenbosch, Drie Eeue Gedenkboek, 1979, is 'n hele uiteensetting van die ontstaan van die Teologiese Kweekskool.

Dr. Abraham FAURE het sover terug as 1824 al 'n pleidooi vir 'n eie opleidingskool aan die Kaap gelewer. Hy het later allerweë bekend geraak as die "Vader van die Kweekskool.". Hy was predikant van die NG Kerk in Graaff-Reinet (1818-1822) en later ook in Kaapstad (1822-1867) asook een van die stigters van die "SA College". Volgens RTJ Lombard in Familia (1990, Vol 4) is sy herkoms (gemeet in die vierde voorgeslag) 43.75% Frans, 31.25% Hollands, 12.5% Duits en 12.5% Deens.

Abraham was predikant in Graaf-Reinet en Kaapstad asook die stigter van Die Kerkbode. Hy was ook die voorsitter van die bestuurskomitee wat die eerste amptelike pogings aangewend het wat op die stigting van die NG Sendingkerk in 1819 uitgeloop het.

Sy seun, dr. Hendrik Emanuel FAURE, gebore 17 Augustus.1828 was predikant in Pietermaritzburg en die gemeentse, St. Stephens, Kaapstad.

‘n Tweede seun, Hendrik Emanuel FAURE, gebore 15 Oktober.1804 het, soos twee van sy broers, ook vir predikant gestudeer, maar is tydens sy studiejare in Utrecht, Nederland, oorlede.

Die jongste broer (van 14 kinders) was Ds. Philip Eduard FAURE, gebore op 1 Desember 1811 in Stellenbosch en het op 7 Desember 1882 in Wynberg gesterf. Hy was predikant in Wynberg en volgens RTJ Lombard in Familia, (1990, Vol 4) is sy herkoms (gemeet in die vierde voorgeslag) 43.75% Frans, 31.25% Hollands, 12.5% Duits en 12.5% Deens. Hy het in Januarie1838 in Kaapstad met Anna Wilhelmina Maria, gebore CAMBRIER in omtrent 1815 te Vianen, Nederland, getrou.

‘n Bietjie verder in die lyn af was daar nog ‘n FAURE-predikant. Hy was die oudste seun, Jacobus Christiaan FAURE, (gebore 27 Junie 1819 en op 31 Julie 1839 in Kaapstad getroud met Johanna Henriëtte Knobel) se tweede oudste seun, Ds. Abraham FAURE. Hy is gebore op 23 Augustus 1847 en op 30 September 1873 met Magrieta Magdalena Pieterson getroud.

Tuesday, 4 September 2007

Geslaagde Uitstalling

Die Wes-Gautengtak het op Saterdag, 1 September 2007, ‘n geslaagde genealogiese uitstalling by die NG Kerk, Ontdekkerskruin, Roodepoort se kerkbasaar, gehad.

Voorsitter Lucas Rinken en sy seun, Jan, was vroegdag reeds besig met kabels aanlê en inprop vir elektrisiteit en ‘n internetverbinding asook om uitstalmateriaal gereed kry. John Stephens, die taksekretaris, het later kom hand bysit. Hy het vir 'n uitstalling wat getoon het waaroor die genealogie eintlik gaan, gesorg.

‘n Sirkel-kwartierstaat van Generaal Christiaan Rudolph de WET (links onder op die foto) het heelwat aandag getrek, veral as Lucas verduidelik het dat het dat sy ouma se oupa en die generaal se pa broers was. Lucas vertel dat dit hom destyds elf maande geneem om te bewys dat wat sy ouma Martie indertyd vertel het, waar was. Dit is juis waar sy belangstelling in die genealogie begin het.

Margaret Humpreys, die komiteelid gemoeid met sosiale aktiwiteite, het ook by die gehelp vrae beantwoord.

Die tak se webwerf is ook aan besoekers gewys. Opsoeke in e-SAGI het mense verbaas. Verskeie kere het sodaniges hul oupas en oumas herken. Ander persone het soekwerk in van die publikasies gdoen. Belangstelling in die genealogie is gewis gekweek.

Die foto toon Lucas Rinken (sittend). Agter is John Stephens (links) en ds. Attie Botha, leraar van die gemeente.

BBC launches "Who Do You Think You Are" magazine

The BBC is to launch a Who Do You Think You Are? magazine off the back of the successful genealogy series of the same name.

The new 100-page full-colour magazine will be produced by BBC Magazines Bristol and launches on September 25 for a cost of £4.25. Each issue will include a DVD or CD with clips of the BBC show and archive material. A website to support the magazine goes live later this week.

Genealogy website Ancestry.co.uk - which also sponsored the live show - will reportedly act as the data provider for the BBC website.

Monday, 3 September 2007

MONTHLY MEETING: 15 SEPTEMBER 2007

DATUM: Saterdag, 15 September 2007;

PLEK: NG Kerk, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort;

(NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN
'N VERANDERING VAN
VERGADERPLEK.
DIS NOG IN DIESELFDE STRAAT.)

AANVANGSTYD: 14:00;

SPREKER: HENDRIK LOUW;

ONDERWERP:
DIE BELANGRIKHEID VAN GENEALOGIESE OPTEKENING;

  • Elkeen se genealogiese bydrae is belangrik, ongeag die formaat, solank die inligting opgeteken en vir die nageslag bewaar is;
  • Hierdie standpunt beteken dat inligting gepubliseer moet word of op enige wyse in die openbare domein geplaas moet word en
  • Dit help dus dat ander genealoë mekaar help met bywerkings en foute-uitskakelling.
TOEGANG: R5,00 vir verversings,

Almal welkom.

Hendrik de Waal LOUW is gebore op 9 September 1959 in Kenhardt, Noord-Kaap waar hy sy skoolloopbaan begin het. Tydens die 1967-droogte het sy ouers Suidwes-Afrika toe verhuis. Daar was hy vir 'n jaar in Stamprietfontein in die skool. Vanaf 1975 het hy die Martin Oosthuizen Hoërskool, Kakamas bygewoon waar hy matriek geskryf het. Daarna is hy na die Universiteit van die Oranje Vrystaat en toe na die weermag vir twee jaar. Daar het hy as 'n majoor geëindig.

Hy is ongeveer 28 jaar besig met genealogiese navorsing, hoewel hy beweer dat hy in die eerste sewe jaar nie geweet het hoe om navorsing te doen nie.

Tans is hy voorsitter van die Louw-familiebond in Suid-Afrika. Saam met al die Louws wil hy die nageslagsregister van die twee Louw-stamvaders teen einde 2008 vir publisering gereed hê “sodat ons in 2009 lekker kan baljaar”.

Die Louw-stamvader, Jan Pietersz LOUW, het c. Desember 1659 by Kaap de Goede Hoop aangekom. Dit gee die Louws 350 jaar van bydraes tot die Afrikanervolk in Suid-Afrika.

Saam met die Louws is hy ywerig besig om ander families na te speur, onder meer die DE WAAL's.

Hy is ook bevoorreg om heelwat ander genealoë te help met hul navorsing asook met die uitskryf van hul databasisse na MSWord via GEN2SA.

Saturday, 1 September 2007

'N NOODSEIN?

  • Ek hoor vanaand by iemand dat mense glo by die Malmesbury- begraafplaas die grafstene steel. (Om die graniet te hergebruik vir nuwe grafstene? Ek weet nie. Wat anders kan 'n mens met grafsteen-graniet doen?). Gebeur dit ook op ander plekke? Indien wel, wil ek voorstel dat ons almal vinniger moet help met die afneem van grafstene. -- Daniël Jacobs via SAGen en Buitenposten.
  • Ek verstaan dit gebeur ook in Middelburg Kaap. Hulle hergebruik dit weer vir iemand anders. Janet Melville via SAGen en Buitenposten.

Wednesday, 29 August 2007

PRESERVING DOCUMENTS

By Johann J van Rensburg

From: WESTERN CAPE BRANCH NEWSLETTER, GSSA, No. 3, 2005

We often forget that by collecting old letters, photographs and documents, we also accept the responsibility for their safekeeping. If you don’t believe that, just think about your dismay when you find that someone else does not look after or appreciate that which they had in their possession.

We all pass on and leave what we have collected to those who are left behind and in most cases the likelihood of our family keeping something that they might not have any interest in, is directly related to how well we have preserved and ordered the documentation and albums that they take possession of.

Above: A photograph of Sarel P etrus Herbst (29 July 1863 - 4 June 1955) and his family taken in September 1911. Fortunately it was saved, but unfortunately not cared for and spoilt with a ballpoint pen. (Click on the photo to enlarge and view the real damage.)

Plastic see-through enclosures allow for easy viewing of an image, reducing damage from handling and protecting it from moisture and sulphides in the air. Unfortunately, under certain conditions plastic enclosures can trap moisture and cause sticking. Use enclosures made from polyester, polypropylene and polyethylene. These plastics are stable and have a neutral pH.

Avoid enclosures made from polyvinyl chloride (PVC). It is not stable and causes discolouration over time.

Newspapers are among the most problematic materials to preserve. This is because their paper is acidic and of very poor quality. Newsprint also contains lignin, which causes paper to yellow and darken. If exposed to light, newsprint quickly becomes brittle.

Never store newspapers together with other documents and or photographs or use it for wrapping. Your options for preserving newsprint are:
photocopying onto acid-free paper;storage in archival boxes in a cool and dark environment;de-acidification, ormicrofilming;digitising.The popular black pages often used in older photo albums and scrapbooks, while providing an aesthetically pleasing background, contain harmful acids that damage photographs and documents they contain. Today technology has allowed for the production of black paper that is not harmful.

Mount photos in albums using photo corners that won’t harm the photo. Never stick a photo to a page. Always make a note of the people and the place the photo was taken and when it was taken. Never write this information with a ballpoint pen on the back of the photo as this damages the surface.

Care for and catalogue your negatives. Museums have registration files and libraries have cataloques, but even small collections and family heirlooms should be documented to keep track of their location, condition and value.

Always wear gloves when handling negatives, photos, old documents, coins and medals.

Air purity is a big problem in urban areas, since harmful chemicals and particle matter damage photographs.

Suggestion: metal cabinets are better than wood, because wood produces gases. Keep photos away from plywood, paint, paint fumes and/or janitorial supplies.

Damaging Old Photographs

The Western Cape Branch, in Newsletter 3/2003, reported as follows on the above. The writer was not mentioned.

Old photographs really give life to any work of genealogy, but I shudder every time I hear of someone photocopying old photos. There is nothing else, save putting them in direct sunlight that will destroy them faster. The brilliant light of the photocopy machine is speeding up their deterioration. Light makes prints fade, especially the really old, really valuable ones.

It's a much better idea to SCAN old photos because the light levels in a scanner are much lower than those of a photocopier. Even better, copy them with either a digital or film camera -- though copying old photos does take more sophisticated equipment than a point-and click and is a photographic skill in its own right. Then you can send everyone copies of a clean and clear image instead of a nearly indecipherable photocopy.

Most of the photocopies I've seen are so bad I can't figure out who the people are in them. If the copies of the originals are printed off on a computer printer, you can run as many as you need and have plenty of room to write in the margins.

The originals should be kept in the dark -- preferably in climate- controlled conditions, but few people have that. The least that should be done is to keep them in a cool dry place.
  • Pictures in this article were added by the blogadministrator.

Friday, 24 August 2007

NUWE VERGADERPLEK

Die Wes-Gautengtak se maandelikse byeen- komste sal van September 2007 by 'n nuwe adres gehou word. Voortaan sal vergaderings in ‘n lokaal by die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Gemeente Ontdekkerskruin plaasvind. Dit is ook in Philipslaan, Ontdekkers waar byeenkomste tot in Augustus 2007 by die LDS Kerk gehou is.

Diegene wat tevore by byeenkomste van die tak was, behoort dit maklik te vind. Daar is drie kerke in Philipslaan. Die NG Kerk, Ontdekkerskruin is die middel een.

Die kerk het goedgunstig een van sy Sondagskoolklaskamers wat in onbruik is aan die tak beskikbaar gestel vir sy boekery. Lede en besoekers sal voortaan voor of ná byeenkomste toegang daartoe hê.

Lede en besoekers word daaraan herinner dat die tak elke derde Saterdag van die maand vergader. Die vergaderings vir die res van die jaar vind dus plaas op 15 September, 20 Oktober en 17 November. Daar sal nie een in Desember wees nie.

  • Die tak hou op Saterdag, 1 September 2007 'n genealogiese uitstalling by bogenoemde kerk se basaar. Dit begin om 09.00.

Friday, 17 August 2007

RAMPE VAN SUID-AFRIKA

Suid-Afrikaners het die afgelope eeue heelparty rampe beleef -- natuurrampe sowel as katastrofes wat deur menslike bedrywighede aangestig is. Om al die groot ongelukke in een artikel saam te vat, is nie moontlik nie. In die tydlyn hieronder word dus net sekere van die mees opspraakwekkende rampe in herinnering gebring -- tragiese en noodlottige gebeurtenisse wat ons veelbewoë verlede weergee.

1713: POKKE AAN DIE KAAP

’n Uitbraak van die gevreesde pokke wat deur die bemannings en passasiers van verbygaande skepe hierheen gebring is, lei in 1713 tot ’n menigte sterftes onder die Khoikhoi in die Kaapse omgewing en dun hul getalle só uit dat hul mag gebreek word. Byna ’n kwart van die destydse 1.939 Europeërs aan die jong Kaapse nedersetting sterf ook, maar die lewensverlies is maklik dubbel soveel onder die Khoi-khoi, wat geen weerstand hoegenaamd teen die siekte het nie.

Pokke is gekenmerk deur ’n aknee-agtige uitslag oor die hele liggaam wat in etterige sere verander. Dié ernstige virussiekte het die mens geslagte lank geteister totdat dit uiteindelik in die twintigste eeu uitgeroei is met behulp van inenting.

Die Kaapse uitbraak van 1713 en latere pokke-epidemies (in 1755 en ’n ernstiger uitbraak in 1767) dra alles by om die Khoikhoi-kultuur dermate te verwoes dat hulle as ’n volk ophou bestaan en in die sogenaamde Bruinbevolking geassimileer word.

Die geweldig baie Khoikhoi-sterftes van 1713 beteken ook dat blanke trekboere groot onbewoonde gebiede kan betrek waar hulle bykans geen weerstand ondervind nie. In 1717 sou die veeboere reeds die oewers van die Breërivier bereik, en in 1730 het die boere wat ooswaarts getrek het, by die Groot-Brakrivier aangekom, terwyl ander langs die Langeberge oorkant die Kogmanskloof begin trek het.

1857: XHOSA-SELFMOORD: DIE DOODMAAK VAN DIE BEESTE

Met die uiteindelike ontmoeting van die blanke trekboere en die AmaXhosa in die ooste van die land en die vasstelling van die Visrivier as die grens tussen wit en swart, was ’n lang tyd van wrywing en oorlogvoering onvermydelik. Die onrus aan die oosgrens van die toenmalige Britse Kaapkolonie sou stelllig nog langer geduur het, as dit nie was vir ’n ongelooflike volksreaksie teen die witmense nie: ’n insident bekend as die Xhosa-selfmoord.

’n Meisie, ene Nonquase, en haar toordokter-oom, Umhlakaza, het begin profeteer dat hulle inligting van die voorvadergeeste ontvang het. Hierdie geeste sou aan hulle gesê het dat, indien die ontevrede Xhosa-volk alle beeste en lewensmiddele vernietig, hulle op ’n bestemde dag as.’t ware ’n nuwe utopie sou binnegaan. Gestorwe helde, beeste en graanvoorrade sou uit die aarde verrys en die blanke indringers sou in die see gewaai word. Die gedagte van die belhamels was blykbaar dat die hele versinsel die verbeelding van die Xhosa só moes aangryp dat ’n massa-aanval oor die koloniale grens sou volg.

Al die vee en voorrade word dus vernietig en uiteindelik breek D-dag (18 Februarie 1857) aan. ’n Aanvanklike kolossale ontnugtering dat die beloofde herrysenis en wat daarmee sou saamgaan nie plaasgevind het nie, lei uiteindelik tot massiewe hongersnood en ellende. Tienduisende sterf, maar nagenoeg 30.000 stroom oor die grens om kos en werk te soek.

Met hierdie wanhoop word die lot van die AmaXhosa as ’n verslane volk verseël -- mense wat eers aan die einde van die twintigste eeu weer werklik hul plek in die politieke son sou vind met die verkiesing van die Xhosa-sprekende Nelson Mandela as eerste president van ’n nie-rassige Suid-Afrika.

1869: DIE GROOT BRAND

In 1869 breek die Groot Brand uit wat die aangesig van die verste suide van Suid-Afrika onherroeplik verander het -- in die gebied wat later as die Tuinroete bekend staan. Die brand, moontlik veroorsaak deur weiveld-brande wat buite beheer geraak het, maak in der waarheid die weg oop vir vroeë reisigers wat voorheen deur die digte Tsitsikamma-woude gekortwiek is. Dit bevorder ook die bou van die latere kuspadstelsel in hierdie skouspelagtige streek. Die woude het baie kilometers ver met die kus langs gestrek.

Teen 10 Februarie brand al die berge rondom Knysna en die brand woed maande lank voort. In een stadium staan die berge van Riversdal in die weste tot by Humansdorp in die ooste in ligte laaie. Teen Maart 1869 is baie min van die Tsitsikamma-woude oor, hoewel erg verskraalde oorblyfsels daarvan nog tot in ons tyd bly bestaan.

1896: RUNDERPES—DIE ERGSTE VEESIEKTE

Runderpes is ’n kwaai, akute virussiekte by beeste -- ’n strawwe ontsteking en beskadiging van die diere se slymvliese, veral die dermkanaal en die asemhalingsorgane, met diep, rou sere in die bek en neus. Dit is so erg dat aangetaste diere gewoonlik net ’n paar dae lewe.

In 1896 versprei dit in Suid-Afrika en lei letterlik tot honderdduisende vrektes onder die vee. Deur uitslagting, die gebruik van entstowwe en die toepassing van kwarantyn word die epidemie onder beheer gebring, maar nie voordat 575 864 beeste in die destydse Kaapkolonie (omtrent ’n derde van die kolonie se beesstapel) en nog derduisende in die ander gebiede dood is nie.

1902: DIE ERGSTE SNEEUSTORM

Die ergste sneeustorm in menseheugenis tref Suid-Afrika op 12 Junie 1902. In Griekwaland-Oos lê die sneeu anderhalf meter dik en 13.000 skape vrek.


1918: DIE GROOT GRIEP -- DIE HEEL GROOTSTE VERWOESTER

Elke nou en dan doem die spookbeeld weer op van die sogenaamde Groot Griep wat in 1918 wêreldwyd minstens twintig miljoen, sommige meen selfs veertig miljoen, lewens geëis het -- twee tot vier keer meer as die Eerste Wêreldoorlog.

Ook in Suid-Afrika het die griep ongekende verwoesting gesaai.. Daar is bereken dat byna 140 000 Suid-Afrikaners binne ’n paar weke in Oktober 1918 daaraan gesterf het. Presies hoe al die griepkieme vanuit die buiteland hier aangekom het, sal seker nooit bekend wees nie, maar dit was ten minste deels weens die aankoms van drie skepe met griepgevalle (een by Durban en twee by Kaapstad) in September 1918.

Die griep het soos ’n veldbrand versprei. Dorpe is tot stilstand geruk, ’n plek soos Kimberley het soos ’n enorme hospitaalkamp gelyk en ook in verskillende ander stede en swart gebiede het mense by die honderde en selfs duisende gesterf (byvoorbeeld 3 160 sterftes in Pretoria, 2 284 in Johannesburg en nie minder nie as 6 250 in ’n plek soos Pietersburg).

Trouens, die hele land was op die rand van ondergang. Gesinne op plase is gelyktydig getref, met ’n hoë koors, dermprobleme en ondraaglike spierpyne, maar daar was niemand om vir hulle te sorg nie. Albei ouers is soms dood, met verwese klein kindertjies wat dan heeltemal wees gelaat is.

Die Groot Griep van 1918 kan sonder vrees vir teëspraak in terme van lewensverlies die grootste enkele ramp genoem word wat Suid-Afrika nog getref het.

1948: DIE VERWOESTENDSTE TORNADO

Die ergste Suid-Afrikaanse tornado in menseheugenis tref die dorp Roodepoort, in die huidige Gauteng, net voor 18:00 op 26 November 1948. Bome en blikke tol rond in die donker lug, hael stort neer en te midde van ’n oorverdowende dreuning word huise se dakke opgelig en weer neergelaat, soos ’n man wat sy hoed lig. Alles is binne slegs ses minute verby, maar sewehonderd huise word verwoes en dit lyk of die dorp deur ’n bomaanval verniel is. Die tornado is egter nie net tot Roodepoort beperk nie, maar woed hom eers uit nadat hy sowat ’n uur lank oor 64 km ’n spoor van verwoesting gelaat het. Wonderbaarlik genoeg sterf net vier mense in hierdie ramp, maar sewentig word beseer.

1949: DIE TREIN WAT IN ’N RIVIER GEVAL HET

Altesaam 63 mense is dood en meer as honderd ernstig beseer toe ses waens van ’n ontspoorde trein in die donker oggendure van 15 November 1949 by Waterval-Boven in die huidige Mpumalanga oor ’n brug in die Elandsrivier stort. Die ongeluk vind in stortreën plaas. Die trein was na Komatipoort onderweg met onder meer talle mynwerkers wat na Mosambiek wou terugkeer.

Die twee stoomlokomotiewe en die voorste van altesaam vyftien waens ploeg in ’n wal. Die volgende ses houtwaens, wat 25 meter ver val en op hul dakke beland -- deels in die water en deels op die klippe van die rivierbedding --- word heeltemal versplinter. Nog waens wat nie oor die brug stort nie, word verwoes deur skerp rotse waar die trein ontspoor het. Net een wa en die kondukteur se kajuit bly onbeskadig op die spoor staan.

1960: DIE RAMP IN DIE COALBROOK- STEENKOOLMYN

Suid-Afrikaners word baie diep geraak deur die land se grootste mynramp wat 21 Januarie 1960 in die Vrystaat plaasvind. Altesame 435 mynwerkers word lewend begrawe toe ’n deel van die Coalbrook-steenkoolmyn instort. Die tegnologie het nog nie plaaslik bestaan om enige van hulle te red nie.

Geen masjien was in die land beskikbaar wat groot genoeg is om gate te boor ten einde vasgevalle mynwerkers te bereik nie. Ná die Coalbrook-ramp het die Kamer van Mynwese egter besluit om ’n geskikte boor aan te koop sodat vasgekeerdes in Suid-Afrikaanse steenkoolmyne gered kan word.

1969: DIE BOLANDSE AARDBEWING

In die nag van 29 September 1969 word die grootste aardbewingskade in menseheugenis in Suid-Afrika aangerig toe veral die dorpe Ceres, Wolseley en Tulbagh erg verniel word deur ’n aardskok op die sogenaamde Worcester-breuk in die aardkors. Honderde huise word in bouvalle verander en moet gesloop en herbou word. Elf mense is op die omringende plase dood waar swak geboude tuistes ineengestort het.

1981: DIE VLOEDRAMP OP LAINGSBURG

Skielike vloede is die vernaamste oorsaak van sterftes wat met donderstorms verbind word. Een van die ergste oorstromings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis vind op 25 Januarie 1981 plaas toe skielike vloedwaters onverwags ’n groot deel van die Karoo-dorp, Laingsburg, tref en mense en huise meedoënloos meesleur. Altesaam 104 mense verdrink, 185 huise, die ouetehuis en 23 kantore word verwoes en slegs 21 huise bly staan. Die rede vir die groot skade en lewensverlies is stellig dat mense niksvermoedend die dorp in die meestal droërige loop van die Buffelsrivier gebou het sonder om die gevaar van ’n skielike vloed te besef.

1984: DIE SIKLOON DOMOINA

Meer as 200 mense sterf toe die sikloon Domoina in Februarie 1984 verwoesting saai in Swaziland, Mosambiek, die teenswoordige Mpumalanga en in die noordooste van KwaZulu-Natal. Geweldige skade word aan brûe en suikerrietplantasies aangerig. Die hoogste aangetekende reënval op een dag op ’n enkele plek in Suid-Afrika word gemeet: 597 mm by die St. Luciameer.

1985: DIE WESTDENE-BUSRAMP

Altesame 42 hoërskoolleerlinge van die Hoërskool Vorentoe sterf in Maart 1985 toe ’n dubbeldekbus van die Johannesburgse munisipaliteit waarmee die kinders huiswaarts vervoer word oor die sypaadjie bars en in die Westdene-dam sink. Die ongelukkig gebeur om eenuur die middag en duikers van die polisie bly etlike ure lank besig om die kinderlyke na die oppervlak te bring. Die busbestuurder en ’n aantal kinders oorleef die ongeluk.

1987: DIE ERGSTE VLOED

Wat as die ergste vloed in menseheugenis in die teenswoordige KwaZulu-Natal beskryf is, tref die streek aan die einde van September 1987. Altesaam 388 mense sterf, terwyl 68 000 dakloos gelaat word deurdat huise verbrokkel of in modder begrawe word. Durban is per pad heeltemal van die res van die land afgesny, duisende kilometer paaie word beskadig en veertien brûe word weggespoel.

2003: DIE BUS IN DIE SAULSPOORTDAM

Altesame 51 mense sterf op 1 Mei 2003 toe ’n bus in die Saulspoortdam naby Bethlehem in die Vrystaat beland. Onder hulle is ’n aantal lede van die Suid-Afrikaanse vakbondvereniging, Cosatu, wat na ’n Meidag-byeenkoms onderweg is. Die busbestuurder het, na berig word, verdwaal en op ’n gruispad beland wat na die dam lei.

Bron: mieliestronk.com. Toegewy aan inligting, opvoeding en skoolprojekte-hulp in Afrikaans.

Monday, 13 August 2007

GENEALOGY: WHY YOU SHOULD GET INVOLVED IN YOUR FAMILY HISTORY

By Gene Hall, a Genealogist With Almost 30 Years Of Experience

A few years ago I read a statistic that said that genealogy was the second largest hobby in the United States - second only to gardening. It was no surprise to me as I have been finding and documenting my family tree for almost 30 years. Over that time a lot of people have asked me, "Why genealogy? What do you get out of it?" There are a lot of reasons to find out about your family and I’ll cover just a few hoping that one of them will get you started.

Curiosity: A lot of people are just plain curious about where they came from, what their ancestors did, how they got here - to this time and this place. Lots of people find themselves in this category when they are told that they are adopted. While they have adoptive parents, traditions, and history, they also have another history that calls out to them. Other people have lost touch and are curious about where people are, how they turned out, who they married.

It’s a Great Puzzle: This applies to me in several areas of my life besides genealogy. I have worked with numbers a lot - particularly with market research. I just love understanding what motivates people to buy certain products, where they shop, how much they want to pay, and where they want to hear about those products. When my wife and I go camping I spend hours working crypto quotes in the sun - fun and challenging puzzles that help me relax.

When it comes to puzzles, I don’t think anything can match the complexity and fun of genealogy. Just think about a jigsaw puzzle that has an almost infinite number of pieces - some of them that don’t fit and some of them missing. Nothing can match the satisfaction I get from finding one of those lost pieces of the puzzle and putting it into place. These are puzzle pieces that lead to long-lost cousins and far-off places.

Hobby: I did a lot of market research before organizing FamilyTrackers, Inc. The company was started out of my belief that Internet searches could be much more accurate than those usually conducted on the Internet. Interestingly, there is a group of genealogists who resist a more accurate way to find information. They are not interested in any tools that make the job faster. "That is the reason I do my family tree - to fill up my time. Looking into page after page of results is the part I like about genealogy. It’s my hobby," they said. Fortunately for me and for FamilyTrackers those who like the things I find most tedious are not a large portion of the market.

Leave a Legacy: Some people approach middle age or have a traumatic event at any age that prompts them to think about their mortality. "If I never meet my grandchildren, what will they know about me? What will they know about my parents? How will we be remembered?" Those of us who are fortunate enough to have ancestors in this category are indeed lucky. My grandmother wrote a short story about her trip as a young girl in a covered wagon from Illinois to Kansas. Thinking about it now, it must have been a dusty, hot, and miserable trip. The events that she wrote about were ordinary, daily occurrences that were taken for granted in her time - something that she wrote about because the trip was out of the ordinary. Read the same story today and discover something that is unique to our experience - herding cattle, rustlers, camping out every night. If you do nothing else with your family history, you should write down or record your life experiences in your own words in any way that you see fit.

Emotional Satisfaction: This is a huge reason for being involved in genealogy and one that I hear repeated by other people as they talk excitedly about their latest discovery. There are moments that happen during a search that are touching and immensely satisfying. This is the moment that you look at your great grandfather’s signature on your grandparent’s marriage license; put your hand on the baptismal font where your oldest known ancestor was baptized; stand on the ground where your great grandfather from the old country is buried - knowing that your grandmother stood on this spot in front of an open grave grieving her loss. These moments are thrilling, goose-bump producing moments of a life time when you can almost reach across time and touch a person who you finally understand and know. This is a moment you must not miss!

Give Something Back: Lots of people get involved when they volunteer at their local genealogical or historical society. What a wonderful place to meet nice people who are willing to help you discover your roots. These groups are responsible for saving crumbling records all over the world and for making the information available to everybody. People who work in these places are almost always unpaid and give their time and effort on behalf of people like you and me every single day - people they have never even met. This is important work and you can get the satisfaction of helping other people by volunteering yourself. It is easy. Pick up the phone and call.

Whatever your reasons, give genealogy a try. It is a stimulating hobby that will put you in touch with yourself and with a lot of nice people who are ready and willing to help.
  • Gene Hall is a genealogist with almost 30 years of experience and the CEO of FamilyTrackers, Inc., a world-wide genealogy exchange dedicated to serving the needs of genealogists, genealogical societies, professional genealogists, and transcribers all over the world.FamilyTrackers is located at http://www.familytrackers.com/. This article comes with reprint rights.

Thursday, 9 August 2007

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (5)

DIE SPELLING VAN VANNE

DEUR LUCAS RINKEN

Iets wat vir genealoë dikwels pynlik is, is die spel van vanne, veral omdat mense só gesteld daarop is oor hoe hul vanne presies gespel móét word.

Daar is allerhande stories wat aan die verskillende spellings gekoppel word -- die een spelling se mense was glo Nattes (die voormalige Nasionale Party) en die ander was glo Sappe (die voormalige Verenigde Party). Soms het die een spelling se mense glo aan hierdie kerk behoort en die ander spelling aan daardie kerk.

Nou wonder ek: watter van het die meeste verskillende spellings?

Dan praat ek nou nie van klein verskille soos met of sonder ‘n akuut nie, soos: Naudé versus Naude of Fouche versus Fouché. Daar is mense wat jou sal verkwalik as jy die akuut gebruik waar dit weggelaat moes word of weglaat waar dit moes wees. In die geval van Naudé word die stamvader aangegee as Jacob Naudé, seun van Philippe Naudé, dus met die akuut. Het dit later weggeval omdat dit te veel moeite was? In die geval van Fouche(é) word die stamvader ook aangegee as Fouché, maar sy vader was Bernard FOUCHER.

Een van die bekendste vanne in ons land is seker Van Wyk, of is dit Van Wijk of selfs Van Wijck. Selfs dit is klein verskilletjie.

Jy kry vanne met of sonder ‘n "s" aan die einde, soos Abraham en Abrahams, selfs Abrahamse, Abrahmse en Abrahamson. Ook Abraams. So ook Adam en Adams en Adamson. En Adriaan of Adriaans en Adriaanse. Selfs Adriaanz en Adriaanzen. Daar is ook Albert en Alberts of Albertse en Andrew en Andrews.

"F" of "ff"? Adendorf en Adendorff. Greef en Greeff. Groskopf en Grosskopff. Hoekom is die dorp in die Vrystaat se naam Boshof, maar die meeste mense met dié van is Boshoff? Wat van Hofman, Hoffman en Hoffmann?

Dit lei 'n mens na ander vanne met een “n” of twee - Ackerman of Ackermann. Anandale of Annandale. Ook een “l” of twee -- Nel en Nell. (My vrou se familie.)

Daar is vanne waar die klank dieselfde bly, maar die spelling verander, soos Agenbag, Agenbach of Aggenbach selfs Aggenbagh. Ook Ahlers en Allers. (Skoonma se familie.)

In Engels weer kry ‘n mens “IE”of “Y” -- Ainsley en Ainslie

In ander gevalle is patronieme oorgeneem om die kind se van aan te dui: Andersdatter of Andersdotter, Andersen, Anderson selfs Andersson, Jacobsen, Jacobson selfs Jacobsohn, Pietersz, Pietersen, Pieterson of Peterson. So ook Andriese, Andriessen en Andriesz.

In ander gevalle het die spelling volgens uitspraak verander.

  • André GAUCH se nakomelinge het Gous geword;
  • Jean MESNARD s’n het Minnaar geword;
  • Daniel Hugot s’n het Hugo geword en
  • Francois Retif s’n het Retief geword.

Ek mik nou na vanne wat heeltemal verander het. Die bekendste voorbeeld is seker dié van
Guillaume le LIEVRE. SAG 3 stel dit so:

“De Haas” is ‘n letterlike vertaling van die Frans, “le Lievre”.
Sy naam het aan die Kaap De Haas geword, maar soms het Le Lievre nog deurgeglip soos bv. in die opgawe van 1705”.

Ek kan my indink die ou Hollanders aan die Kaap het seker gesê: “Lievre, twak dis ‘n haas en jy is nou hier by ons de Haas”. Daar was ook ander met dié van wat wel van Nederland af gekom het.

Pretorius is nog ‘n voorbeeld. Dié verandering het plaasgevind voordat dié mense Kaap toe gekom het. Wessel Schout, was ‘n teologiese student in Leiden in 1636. Daar was dit mode onder die studente om mekaar op die Latynse ekwivalente van hul name te noem. Hy het so daarvan gehou dat hy sy naam verander het na Wesselius Praetorius en mettertyd het dit Pretorius geword. ("Praetorius is afgelei van die Latynse woord ‘Praetor’ wat vir die eerste keer in die ou Romeinse Ryk gebruik is om ‘n aanvoerder aan te dui." Uit: "PRETORIUS oor drie eeu" deur M.E. Pretorius)

Onthou ook dat die ou mense aan die Kaap grootliks ongeletterd was. My ouma, byvoorbeeld, het nooit skoolgegaan nie. Sy het net geleer om die Bybel te lees en om ‘n bietjie te kan skryf. Ek het nog van haar briewe sonder ‘n enkele hoofletter of leesteken. Hoe jou van gespel is, was dus hoe die predikant of skriba jou dit gehoor sê het wanneer daar gedoop, getrou of begrawe is.

Nou ‘n uitdaging aan enigeen: stuur aan my meer voorbeelde van verskillende spellings as wat in my eie van voorkom: ek het, REININGER, REINEGER, RENKE, RENEKE, RENECKE, RENNEKE, RENKEN, RENKIN, REINEKE, REYNECKE, RANKIN, RINKE, RINKIE, RINKEN.

Tuesday, 7 August 2007

MONTHLY MEETING: 18 AUGUST 2007

DATE: Saturday, 18 August 2007;

VENUE: LDS Church, Philips Avenue, Discovery, Roodepoort;
(Scroll down for map).

COMMENCEMENT TIME: 14:00;

TOPIC: THE CEMETERY RECORDING PROJECT;

SPEAKERS: PETER MOSS (right),

who is acitively involved in the Cemetery Recording Project of the Genealogical Society of South Africa supported by

FANIE BLIGNAUT,

National Co-ordinator of the Project

A demonstration will be given how the cemeteries can be accessed by Google Earth.

(Edition 5.1 of the CD of the Project was launched recently.
It contains the names of 250 000 persons in 2 314 cemetaries.)

FEE: R5,00 per person for refreshments.

Sunday, 5 August 2007

SABC VOLG IN ONS VOETSPORE

Na aanleiding van die artikel "FAMILIEWAPENS IS ONWETTIG, UIT EN GEDAAN. DIS ONWETTIG" (hieronder) het Radio Sonder Grense (RSG) op Saterdag, 4 Augustus 2007, 'n program oor familiewapens uitgesaai. Radiojoernalis Veronica Fourie het dit aangebied.

Die voormalige Staasheraldikus, Fred Brownell (links) en genealoë Janet Melville (regs) en Peter Smits het daaraan deelgeneem.

'n Engelse weergawe van die program is Sondagoggend, 5 Augustus 2007, op SAFM uitgesaai.

In die program is opnuut daarop klem gelê dat daar nie so iets soos 'n familiewapen bestaan nie. Brownell het dié saak met die nommerplate van 'n motor vergelyk. "Een motor, een nommerplaat; een persoon een (heraldiese) wapen. "Die Van der Walts, byvoorbeeld, het tog nie almal dieselfde nommerplaat nie," het hy verduidelik.

Dit het onder meer ook aan die lig gekom dat die Van Rensburgs in Suid-Afrika al meer as 50 jaar lank met 'n familiewapen spog wat niks anders is nie as dié van 'n munisipaliteit in Duitsland -- alles te danke aan Cor Pama wat in sy oorhaastigheid die wapen van die dorp, Rensburg, aan hulle toegedig het. In die artikel hieronder word verduidelik wat Pama gedoen het toe hy familiewapens lukraak geskep het.

Melville het bevestig dat die gebruik van die woord "familiewapens" sterk in die volksmond gevestig is. Sy is van mening dat dit en die aanwending van die familiewapens (al is dit vals) moeilik in Suid-Afrika uitgeroei sal word.

Wednesday, 1 August 2007

FAMILIEWAPENS BESTAAN NIE, UIT EN GEDAAN. DIS ONWETTIG

Dit is opvallend hoeveel mense wat in die genealogie doenig is na familiewapens op soek is. Op webwerwe van familieregisters kom dit gereeld voor. Selfs op gesoute genealoë se webwerwe is dit te sien. Dit gebeur ondanks verskeie boodskappe wat al die wêreld ingestuur is dat daar nie so- iets is nie. Selfs skoolkinders kry gereeld opdragte in dié verband. Wat sê die mense wat weet?

Dis onwettig, ‘n onding, ‘n misleiding, ‘n valsheid, ‘n klug, ‘n mite, dit bestaan nie, ‘n genealogiese onreg, ‘n geldmaakstorie. Ignoreer dit en bly daarvan weg. Moet ook nie een probeer soek nie. Jy gaan hom nie kry nie -- nie 'n rerige een nie.

Lees ook wat sê die Staatsheraldikus.

Dit is hoe kundiges familiewapens bestempel. Wetgewing hieroor is duidelik. Eiën vir jouself een toe en jy die loop die gevaar van ‘n boete van tot R1 000 of by gebrek aan betaling gevangenisstraf van nie meer nie as een jaar. Die boete is nie ‘n plaas se prys nie, maar dis ‘n kriminele oortreding. Voorts: koop ‘n afbeelding van jou kwansuise familiewapen by winkel of ‘n vlooimark en jy oortree eweneens die wet. Dis veral by vlooimarkte waar die mense met hul rekenaars sit. Hulle maak vinnig 'n drukstuk van jou kastige familiewapen met jou van se oorsprong en al.

Familiewapens bestaan eenvoudig nie. Al wat werklik bestaan, is 'n geregistreerde wapen vir 'n individu.

Desnieteenstaande duik familiewapens gereeld op.

Alles in ag genome, wonder ‘n mens of die kern van die wangebruik van familiewapens nie lê in wat Janet Melville verlede jaar geskryf het nie: “Elke persoon wil graag ‘n familiewapen hê. Hulle sal enige storie glo net om by hul vriende en ander te spog”.

Wet 18 van 1962 van Suid-Afrika, soos gewysig, is duidelik oor famliewapens.

Onlangs is ‘n uitnodiging op die gespreksforum, SAGenealogie, gerig om dié saak te debateer. Dit het heelwat reaksie opgelewer. Hier is ‘n klompie reaksies:

Anne Lehmkuhl, Johannesburg (per e-pos): Familiewapens is meer 'n geldmaakstorie as enigiets anders. Daar is baie min regte familiewapens. Enige genealoog wat so-iets gebruik as sy "eie familiewapen", sonder die wettige stappe, doen genealogie 'n onreg aan.

Ek kry elke dag 'n e-pos van iemand wat hul familiewapen soek. Hier is my standaard antwoord (net in Engels beskibaar):

With regards to a coat-of-arms: A lot of it is myth. Few people who use a coat-of-arms and/or so-called family crest today have any right to do so. Armorial bearings do not belong to all persons of a given surname, but belong to and identify members of one particular family who has the legal right to the coat-of-arms. Coats-of-arms are a form of property and may rightfully be used only by the male-line descendants of the individual to whom they were first granted or allowed. Such grants were and are made by the appropriate heraldic authority.

Coats-of-arms were used by knights and the nobility. In some countries coats-of-arms were used by bishops, cities and merchants. These were granted to an individual or to the city.

Unfortunately, over the centuries, many families have simply assumed arms and/or crests belonging to other families of the same name, usually without authority and without demonstrating any relationship between the families. This is especially true in South Africa.

Mere usage of a coat-of-arms, even over a long period, does not necessarily indicate a descent from the family for whom it was first granted. More often than not, there is no such connection. Even in the days when a tax was levied on the use of armorial bearings, those paying the tax by no means always had an established right to arms.

The erroneous and widespread practice of adopting the arms of a family of the same surname is to be deplored. It detracts from the basic purpose of coats-of-arms and/or crests, which is to provide hereditary symbols by which particular families may be identified.

Grants of new arms have been made to worthy applicants, on payment of fees, since the 15th century. The practice continues to this day.

Many people like to purchase gifts that are supposedly their family coat-of-arms. There is only one problem: almost all of them are bogus.
In many shopping malls, you will see vendors selling reproductions of coats-of-arms. Similar "businesses" exist on the Web.

The study of coats-of-arms is called heraldry. Those who control the issuance of arms are heralds. Typically, each country in Western Europe as well as in England, Scotland, Ireland, and South Africa, has an office of the Heralds. The Heralds are empowered to decide who is authorized to display a certain coat-of-arms. If you do not have authorization from the Heralds, you are not authorized to display any coat-of-arms. The rules are a bit different in the Netherlands and in some eastern European countries. The United States of America does not have an office of heralds, although the American College of Heraldry will register a coat-of-arms for individuals or businesses.

There is no such thing as a "family coat-of-arms. A coat-of-arms is issued to one person, not to a family. After that person is deceased, his primary heir (normally the oldest son) may apply for the same coat-of-arms. Again, when he dies, his heir may apply. The rules for determining who is eligible to display a coat-of-arms are very similar to the rules for becoming King or Queen of England. However, even the proper heir cannot display the coat-of-arms until he or she has received authorization (been confirmed) by the Heralds. At any one time, only ONE person may rightfully display a coat-of-arms.

The next time someone offers a copy of your "family's coat-of-arms," ask them for the official documentation.

Arnold Greyling: Hier is my standaard antwoord indien iemand my kontak en vra vir 'n Greyling-familiewapen:

"Daar bestaan nie so iets soos 'n familiewapen vir 'n spesifieke van nie. 'n Familiewapen word aan 'n individu toegeken en slegs sy direkte nageslag mag die wapen as familiewapen voer (gebruik). Enige persoon wat in Suid Afrika 'n familiewapen wettig wil gebruik, moet dit registreer by die Buro vir Heraldiek. Die registrasievereistes word beheer deur die Wet op Heraldiek. Lees die artikel http://uk.geocities.com/barensteel/hetjy.html

Eben Vorster, Krugersdorp: Ek het in Junie 2007 ‘n afspraak met die Staatsheraldikus gehad. Ek wou ook weet of een van die families wat ek navors ‘n sogenaamde familiewapen het. Hy het toe verduidelik hoekom daar nie so-iets bestaan nie.

Soos almal weet, het Cor Pama 'n boek, Die Groot Afrikaanse Familienaamboek, geskryf waarin daar verskeie sogenaamde familiewapens te sien is. Hierdie familiewapens is oneg en niemand kan daarop aanspraak maak nie. Dit is uiters belangrik om dit te weet.

Hierdie sogenaamde familiewapens het hul oorsprong in die 1930's en 1940's toe dit as ‘n saak van trots in die destydse Brandwag-tydskrif gepubliseer is. Dit was om die volk te verenig en om Afrikanertrots te bevorder. Hierdie wapens is ontwerp deur die skrywer van die reeks artikels. Mense met eksemplare van Pama se boek kan gerus voorin kyk vir grys faksimileë van wapenblaaie. Die outeur van die artikels het wapens uit die voorgenoemde faksimileë gekombineer en in swart en wit gepubliseer. Pama het dit ingekleur.

Dis die storie van Pama se wapens, wat oral in vlooimarkte te koop is, met die beskrywing wat uit Pama se boek geneem is.

Die Heraldiek het verskeie reëls. Om’ n wapen vir jouself te kan eis, moet jy een by die Buro van Heraldiek registreer. Dit kos ongeveer R6 000 vir al die prosesse. Slegs een persoon mag op ‘n spesifieke tyd aanspraak maak op ‘n spesifieke wapen. Sou die eiser sterf, erf sy oudste seun sy wapen net so. Dan kan die oudste seun aanspraak maak op die wapen. Alle ander kinders van die oorledene moet, indien hulle die wapen wil aanneem, ‘n aanpassing (verandering) maak op die skild of ontwerp, byvoorbeeld ‘n nuwe motief of kleur. As die oorledene nie ‘n seun het nie, erf sy oudste dogter die wapen, maar met 'n aanpassing.

Louis Engelbrecht, Villieria, Pretoria: Ek dink dit is net 'n kwessie van persoonlike trots om eerder jou eie familiewapen as 'n ander s’n te gebruik. Die probleem wat ek het, is dat die registrasie net eenvoudig te duur is. Ek wil ook graag 'n wapen registreer, maar ek kan myself nie sien so baie geld sien uithaal nie. Dan maar eerder sonder een bly.

Francois Greeff: Daar is verwarring oor die Engelse terminologie, “Coat of Arms” en “Family Crest”. Eersgenoemde is die hele wapen, en laasgenoemde is 'n klein stukkie bo-op die wapen, wat vir elke titelhouer (of familievader) anders is. Nou praat mense van die hele wapen asof dit 'n “family crest” is. Dit is verkeerd, want “crest” op sigself beteken “kruin” en dui dus op net die boonste stukkie.

Die Greeff-familiewebblad (www.greeff.info) vertoon wel tekste waar ander mense in die verlede wapens gebruik (of misbruik) het, maar die familiewebblad self maak geen aanspraak op enige “Greeff-wapen” nie en vertoon ook nie so 'n wapen nie.

David le Roux: Die Le Roux-familiebond het 'n geregistreerde wapen vir die gebruik van slegs die Bond en sy lede en ander persone aan wie die Bond toestemming gee. Dit is nie 'n algemene Le Roux-familiewapen nie.

Eben Vorster: Op die vraag of ‘n persoon se enigste dogter en kind sy geregistreerde wapen mag erf is die antwoord ja, maar omdat sy ‘n vrou is, móét sy ‘n aanpassing aan die wapen maak. As die kind ‘n man was, die enigste, dus ook die oudste dan sou die kind die wapen onveranderd kon erf -- sonder enige aanpassings.

Dit is moontlik om ‘n wapen te registreer vir ‘n maatskappy. Lede van die maatskappy kan die wapen op byvoorbeeld kaartjies gebruik. Dit moet by die wapen genoem word dat dit die wapen van die maatskappy of vereniging is. Jy mag nie, ingevolge wetgewing, jouself bekendstel onder ‘n wapen wat jy nie self geregistreer het nie.

Annatjie Tiran: Ek haal 'n advokaat van Engeland aan wat verlede week vir my oor die familiewapen geskryf het:

"Finally, whatever the position on the Continent, when a coat of arms is granted by the College of Arms in London, as was the case with Sir John Truter, it descends from eldest son to eldest son only, just like an hereditary title -- there is no question of all members of the family being entitled to use it, even with permission. If each want a lawful coat of arms, they must register it at the College with an appropriate “mark of cadency” to distinguish it.

Te veel mense klim op die "b(r)andwagon" en skielik verskyn daar familiewapens wat dateer uit die jare toet en niemand weet hoe waar dit vandaan kom nie.

Ek het byvoorbeeld ‘n TIRAN familiewapen gekry wat die drie "fleur de lis" op het. Daardie embleem is egter net deur die Franse koningshuis gebruik in daardie vorm. Voorts word beweer dat dit uit 1086 in ENGELAND dateer. In daardie tyd was daar geen TIRANS in daardie geweste nie. Hulle kom uit die ooste.

Hendrik Louw: Daar is 'n groot verskil tussen 'n wapen wat in iemand se naam geregistreer word, wat tereg dan deur daardie spesifieke persoon se nageslag, gewoonlik dan die oudste, en as die oudste 'n dogter is, moet sy 'n verandering aanbring en 'n wapen van byvoorbeeld 'n FAMILIEBOND. Laasgenoemde beteken net dat jy 'n lid van daardie bond is. Dit is amper soos my koshuisbaadjie op universiteit (met jaartalle). Die wapen beteken bloot dat ek daardie spesifieke jare daar in die koshuis was.

Ja, baie van ons spog met 'n wapen, al is dit dan onwettig, maar dit is eenvoudig net te duur om een te registreer. Liewer dan eerlik wees om te sê dan die wapens in Cor Pama se Familienaamboek ongeregistreer is en slegs voorbeelde is

Volgens my kan 'n BOND-wapen NOOIT oorgeërf word nie. Dit sal ook dadelik ongeldig wees indien die BOND tot niet gaan. Die BOND sal volledig geregistreer moet wees wat sekerlik ook finansiële implikasies het

Eben Vorster: Dis voorwaar, dink ek, die moeite werd om ‘n wapen te registreer. Dit is amper soos 'n identiteitsdokument wat jy aan jou van koppel. Ek gaan beslis een vir my registreer.

Francois Greeff:
In die regswerklikheid is daar nie so iets as 'n FAMILIEWAPEN nie, maar slegs 'n GEREGISTREERDE WAPEN van 'n persoon, waarop geen ander persoon aanspraak mag maak nie.

In die volksmond bestaan daar wel 'n begrip van 'n familiewapen. Ons weet almal wat 'n familiewapen is. Dit is 'n spesifieke soort embleem of logo wat 'n hele stam, of uitgebreide familie van dieselfde van, verteenwoordig. Hierdie begrip gaan nooit uitgewis word nie, so kom ons aanvaar dit.

Tuesday, 24 July 2007

STANDAARDISERING

Lucas Rinken is die man wat e-SAGI, (elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks), 'n databasis met 339 000 rekords, onderhou. Hy ontvang deurentyd data van persone wêreldwyd vir bywerking. Hy bestee baie ure om die data so ver as moontlik eenvorming te kry om sodoende die opsporing van
'n individu te vergemaklik. Hier vertel hy hoe sy taak vergemaklik kan word.

‘n Rekenaar “dink” nie soos ‘n mens nie. Wat vir ons dieselfde lyk, is vir ‘n rekenaar iets anders. Niemand kan teenoor ‘n ander voorskriftelik wees nie. Elkeen het sy eie gedagtes oor hoe dit behoort te wees. Dog, goeie raad is: WEES KONSTANT.

VANNE

Die rekenaar onderskei tussen dieselfde van wat op verskillende maniere gespel word, byvoorbeeld:

de Wet
de WET
De Wet
De WET
DE Wet
DE WET

Vir ‘n rekenaar is elke spelling hierbo iets anders.

As jy besluit op DE WET, sorg dat dit altyd so ingevoer word. Die e-SAGI-databasis, byvoorbeeld, gebruik “de WET”.

PLEKNAME

Bekyk die volgende:

Johannesburg, Transvaal, South Africa
Johannesburg, Gauteng, South Africa
Johannesburg, Transvaal, RSA
Johannesburg, Gauteng, RSA
Johannesburg, Z.A.R.

Daar is nog vele ander variante van dieselfde plek, maar nie vir ‘n rekenaar nie. Vir hom is dit verskillende plekke.

Hier is daar egter ook die tydvak betrokke. Sommige mense glo dat die plekaanduiding die tydvak daaraan verbonde moet weergee. Johannesburg was wel eers in die ZAR, toe in die Transvaal as deel van die Unie, toe in Transvaal as deel van die Republiek en nou deel van Gauteng in die Republiek.

‘n Mens kan nie hierteen argumenteer nie.

As onderhouer van e-SAGI wil ek die pleknaam hê soos ek dit in my leeftyd geken het. Sodoende wil ek soektogte na ‘n pleknaam tot een wyse van spelling beperk. Omdat ek ‘n bietjie ouer is, verkies ek dit soos net voor 1994. Ek wil nie voorskriftelik wees nie. Ek sê net wat ek doen en hoekom.

Gedcoms wat ek ontvang, bevat BAIE verskillende weergawes van dieselfde plek. Ek moet voortdurend besluit wat om te behou en wat om maar liewer van te vergeet. Dit bring my by die mees gebruikte plekname -- nie noodwendig dieselfde plek nie, maar dieselfde naam.

In die e-SAGI-databasis (met sy 339 000 rekords) sal baie name noodwendig dikwels gebruik word. Min mense sal verstaan hoeveel aandag hieraan gegee moet word. Ek probeer om plekname wat dieselfde lyk saam te voeg.

Blesboklaagte kom op drie plekke voor. So ook Boesmansfontein. Boplaas kom vier keer voor. Boschfontein kom op nie minder nie as agt plekke voor. ‘Brakfontein’ kom op 35 plekke voor en “Rietfontein” nie minder nie as 54 keer.

AANHALINGSTEKENS

Plaasname word dikwels in aanhalingstekens aangedui en dis reg so. Maar weer eens het ons met rekenaars te doen.

Neem Rietfontein, ‘Rietfontein’ en “Rietfontein” ongeag waar die betrokke Rietfontein werklik is.

Die eerste twee hierbo sal deur ‘n rekenaar na aanmekaar gesorteer word -- in die volgorde soos hierbo, maar laasgenoemde sal heelbo aan die lys gesorteer word voor name wat met A begin. Daarom versoek ek aan diegene wat vir my data stuur: vermy sover as moontlik die laaste formaat en gebruik liewer ‘Rietfontein’.

DATUMS

Baie mense hou daarvan om datums volledig in te voer, soos: 26 Januarie 2007. Dit lyk mooi, maar vir ‘n rekenaar is dit nie ‘n datum nie en berekenings om byvoorbeeld ouderdom te bepaal, kan nie met hierdie formaat gedoen word nie. Gebruik dus liewer die formaat wat vir die rekenaar sinvol is: 26 Jan 2007.

Al is die data in Afrikaans ingevoer, gebruik liewer Engels vir datums: dus 15 May 2007 en nie 15 Mei 2007 nie. Rekenaars verstaan net Engels, tensy die basiese program aangepas is.

BESTEL E-SAGI SÓ:

  • e-SAGI is verkrygbaar op 'n kompakskyf (CD). Dit kan bestel word by Dennis Pretorius by krugersdorp@pixie.co.za. Dit kos R120. Vorige aankopers kan die jongste weergawe teen 'n verminderde prys kry.
  • As 'n alternatief kan u 'n Gedcom met minstens 1 000 rekords van u familie-inligting vir insluiting in e-SAGI aan Lucas Rinken stuur en 'n gratis kopie van die e-SAGIkompakskyf kry. Lucas kan gekontak word by lgr@iafrica.com.


Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...