MONTHLY MEETING: 15 SEPTEMBER 2007
DATUM: Saterdag, 15 September 2007;
PLEK: NG Kerk, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort;
(NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN
'N VERANDERING VAN
VERGADERPLEK.
DIS NOG IN DIESELFDE STRAAT.)
AANVANGSTYD: 14:00;
SPREKER: HENDRIK LOUW;
ONDERWERP:
DIE BELANGRIKHEID VAN GENEALOGIESE OPTEKENING;
Almal welkom.
PLEK: NG Kerk, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort;
(NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN
'N VERANDERING VAN
VERGADERPLEK.
DIS NOG IN DIESELFDE STRAAT.)
AANVANGSTYD: 14:00;
SPREKER: HENDRIK LOUW;
ONDERWERP:
DIE BELANGRIKHEID VAN GENEALOGIESE OPTEKENING;
- Elkeen se genealogiese bydrae is belangrik, ongeag die formaat, solank die inligting opgeteken en vir die nageslag bewaar is;
- Hierdie standpunt beteken dat inligting gepubliseer moet word of op enige wyse in die openbare domein geplaas moet word en
- Dit help dus dat ander genealoë mekaar help met bywerkings en foute-uitskakelling.
Almal welkom.

Hy is ongeveer 28 jaar besig met genealogiese navorsing, hoewel hy beweer dat hy in die eerste sewe jaar nie geweet het hoe om navorsing te doen nie.
Tans is hy voorsitter van die Louw-familiebond in Suid-Afrika. Saam met al die Louws wil hy die nageslagsregister van die twee Louw-stamvaders teen einde 2008 vir publisering gereed hê “sodat ons in 2009 lekker kan baljaar”.
Die Louw-stamvader, Jan Pietersz LOUW, het c. Desember 1659 by Kaap de Goede Hoop aangekom. Dit gee die Louws 350 jaar van bydraes tot die Afrikanervolk in Suid-Afrika.
Saam met die Louws is hy ywerig besig om ander families na te speur, onder meer die DE WAAL's.
Hy is ook bevoorreg om heelwat ander genealoë te help met hul navorsing asook met die uitskryf van hul databasisse na MSWord via GEN2SA.
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.