Friday 24 August 2007

NUWE VERGADERPLEK

Die Wes-Gautengtak se maandelikse byeen- komste sal van September 2007 by 'n nuwe adres gehou word. Voortaan sal vergaderings in ‘n lokaal by die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Gemeente Ontdekkerskruin plaasvind. Dit is ook in Philipslaan, Ontdekkers waar byeenkomste tot in Augustus 2007 by die LDS Kerk gehou is.

Diegene wat tevore by byeenkomste van die tak was, behoort dit maklik te vind. Daar is drie kerke in Philipslaan. Die NG Kerk, Ontdekkerskruin is die middel een.

Die kerk het goedgunstig een van sy Sondagskoolklaskamers wat in onbruik is aan die tak beskikbaar gestel vir sy boekery. Lede en besoekers sal voortaan voor of ná byeenkomste toegang daartoe hê.

Lede en besoekers word daaraan herinner dat die tak elke derde Saterdag van die maand vergader. Die vergaderings vir die res van die jaar vind dus plaas op 15 September, 20 Oktober en 17 November. Daar sal nie een in Desember wees nie.

  • Die tak hou op Saterdag, 1 September 2007 'n genealogiese uitstalling by bogenoemde kerk se basaar. Dit begin om 09.00.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...