Saturday 19 April 2008

MINDER FRUSTRASIES

Onderstaande kan baie mense se frustrasies op die rekenaar verlig. Dis 'n maklike manier om kappies, deeltekens, ens. op klinkers te plaas pleks van die alewige Alt + nommer (en dan moet Num Lock aan wees).

Dié metode wat Catherine Crouse geruime tyd terug op SAGen genoem het, is 'n gerieflike en maklike manier vir veral Afrikaanssprekendes wat dikwels van kappies, deeltekens ens. gebruik maak.

  • Gaan na Settings > Control Panel > Keyboard> Language > Properties. Kies dan "United States International" en OK jou pad weer uit.
  • In Windows XP werk dit ietwat anders. Gaan na Start > Control Panel > Regional and Language Options > Languages > Details > Settings. Kies dan "English (United States International)". Klik dan OK. As die ou wat jou rekenaar opgestel het, die hele XP CD op jou harde skyf gelaai het, sal alles reg wees. Anders sal jou rekenaar vir die CD vra. Doen wat hy vra. Alles werk nou maklik sonder dat jy enige nommers (soos Alt 136 ) hoef te onthou of te tik.

ê As jy nou ^ (die kappie) tik en 'n klinker, plaas die rekenaar die kappie daarop, byvoorbeeld ê â Ê Ô, ens.

ë As jy die dubbelaanhaling (") en 'n klinker daarna druk, kry jy die deelteken. ë Ë ü, ens.

é As jy die enkelaanhaling druk (') en 'n klinker kry jy é á ó Ú, ens.

è As jy die enkelaanhaling heel bo links (`) gebruik, kry jy è à ò, ens.

Dit werk in alle Windows-programme met kleinletters en hoofletters.

Die enigste, maar klein, nadeel is dat ‘n mens telkens die spasiebalk moet druk, nadat ‘n mens ‘n aanhalingsteken geplaas het. Dit maak deur en deur op vir al die gesukkel met en onthou van alt-kodes vir kappies en deeltekens. As jy 'n aanhaling wil skryf wat met 'n klinker begin, onthou dan net om eers die spasiebalk ná die aanhalingsteken te druk, anders sit die rekenaar die deelteken bo-op die letter.

WENK: Werk versigtig as jy dié metode installeer. Mense het al laat weet dit werk nie. Die hoofrede is omdat hulle oorhaastig was en dit nie reg geïnstalleer het nie. Vir my werk dit en heelwat ander waarvan ek weet. -- Blogredakteur.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...