Thursday 24 April 2008

"BAPTISING" OF "CHRISTENING": WAT SÊ DIE BRON?

'n Verkorte weergawe van ‘n aanbieding gelewer
deur John Stephens,
Sekretaris van die Wes-Gautengtak van die GGSA,
tydens die tak se maandbyeenkoms op 19 April 2008


1. INLEIDING

Die probleem wat hier aangespreek word, is: wat is die regte woord om te gebruik:

  • Christening of
  • Baptising?
Of ons tydens die doop in water onderdompel word en of ons bloot met water besprinkel word, is nie ter sprake nie, ook nie of ons klein of as volwassenes gedoop word nie.

Vir die genealoog is die gebruik van dié begrippe belangrik, want feitlik alle genealogiese datavasleggingsprogramme is in Engels. Hulle maak voorsiening vir een of die ander of albei, byvoorbeeld:

PAF gebruik net baptising;
Family Historian gebruik net christening;
Legacy en Generations maak voorsiening vir albei.

Dis hier waar die knoop lê. Wat is reg?

2. REAKSIE OP ROOTSWEB

Voortspruitend uit die reklame vir hierdie aanbieding het daar vooraf heelwat bespreking op Rootsweb gevolg. Hieronder is, interessantheidshalwe, 'n paar menings.

Derek Pratt: "As an Anglican Priest I always correct families that come for christening of their child by saying: "Yes we can baptise him/her with pleasure. "I have always presumed that baptism was the theological correct term while christening is a wrong term -- but why I don't know!"

Steve Hayes: " … it is clear that in Anglican usage baptism and christening are synonyms, though baptism is clearly the prefered term."

Hy vervolg: "the genealogy of English-speaking people will probably at some point make use of the baptism registers of the Church of England, and so it should be borne in mind that in the Church of England (and hence other Anglican churches), baptism and christening are synonyms, but the rite is recorded in a baptism register, not in a christening register."

Keith Meintjes: " … I have thought of "christening" as the involuntary (for the person) naming of an infant child, and "baptism" as a more voluntary religious commitment of a grown person."

3. DIE AFRIKAANSE WOORD: DOOP

Doop omvat in Afrikaans albei begrippe. Gevolglik is hier nie ‘n probleem of twyfel nie.

4. WAT SÊ DIE BRONDOKUMENT?

In die Genealogie praat ons deurentyd van bronne of brondokumente. Daarsonder is inligting feitlik waardeloos.

Wat is die bron vir die doop -- in dié geval baptising of christening?

Die doop het ‘n Christelike oorsprong. Daarom kan ons met reg sê dat ons brondokument Die Bybel is. In Mat. 28:19 kry Christene die opdrag van Jesus Christus: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."

En wat sê ons brondokument, Die Bybel, betreffende die Engels?

Cruden's Complete Concordance verwys na Baptism; Baptist; Baptise; Baptised; Baptiseth; Baptising ... maar nêrens in die Bybel word dit in verband met christening gebring nie.

Die afleiding?

As ons brondokument, Die Bybel, sê dat die regte woord baptism is, is daar geen twyfel wat reg is nie.

Genealogieprogramme wat net vir baptism voorsiening maak, is heeltemal reg. Daar behoort nie iewers ‘n veld vir christening te wees nie.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...