Thursday 3 January 2008

TELKOM-AANLYN-TELEFOONGIDS

Ek moes vanoggend (31/12/2007) na 'n Scott-dame wat nou in Port Alfred woon, soek.

Wat ek toe van die Telkom-aanlyn-telefoongids leer, is dat jy kan soek vir al die Scott-mense met telkom-telefone en die webwerf sal vir jou statistiek gee van hoeveel Scott-telefone in elke provinsie is -- en dan ook die totaal vir al die provinsies saam.

Die syfers is nie akuraat nie, omdat sommige mense verkies om hulle nommers nie te lys nie, maar dit is waarskynlik 'n klein persentasie.

Wat wel benutbaar is, is dat 'n mens die relatiewe grootte van elke Van-groep in Suid-Afrikakan bepaal.

So kan ek nou spog dat daar 5886 Pretorius-huisgesinne in Suid-Afrika is wat Telkom-telefone het en hulle nommers in die telefoongidse plaas. Vergelykkenderwys is daar maar 1491 Scott-huisgesinne en 968 Mc/Mac Donalds.

Gebruik die volgende skakel as jy ook nuuskierig is: http://phonebook.yellowpages.co.za/

Van: Dennis Pretorius, Lyseienaar, SA Genealogie-poslys

(Berig ietwat geredigeer.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...