Thursday 22 November 2007

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (8)

‘n Besondere gesin

Deur Lucas Rinken

Onlangs, met 'n besoek aan die “Family History Centre” van die Mormoonse Kerk in Parktown, Johannesburg, het ek toevallig op 'n boekrak “DIE BRINK-FAMILIE VAN SUID AFRIKA” gesien. My ma se middelste suster uit die vyf susters was juis met Oom Bey Brink getroud.

Oom Bey het my vertel dat hy verwant was aan die skrywer André P. BRINK en sy suster Elsabé STEENBERG * BRINK.

Dit bring my by 'n besondere gesin.

Die vader was ‘n landdros. Die oudste seun, André P. (Philippus) BRINK is 'n baie bekend in Afrikaanse literêre kringe.

André P Brink (links) is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore en is tans hoogleraar in Engels aan die Universiteit van Kaapstad. “Hy is een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus, mentor, professor en polemikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal, insluitend Serbo-Kroaties, Japanees, isiXhosa en Vietnamees.”

Bibliografie (onvolledig)

Romans: Lobola vir die lewe (1962), Die ambassadeur (1963), Orgie (1965), Miskien nooit (1967), Kennis van die aand (1973), 'n Oomblik in die wind (1975), Gerugte van reën (1978),
'n Droë wit seisoen (1979), Houd-den-bek (1982), Die muur van die pes (1984), Die eerste lewe van Adamastor (1986), Die kreef raak gewoond daaraan (1991), Inteendeel (1993), Sandkastele (1995), Duiwelskloof (1998), Donkermaan (2000), Anderkant die stilte (2002), Voor ek vergeet (2004), Bidsprinkaan (2005).

Dramas: Caesar (1961), Bagasie (1965), Elders mooi weer en warm (1965), Die Rebelle (1970),
Die verhoor (1970), Kinkels innie kabel (1971), Afrikaners is plesierig (1973), Bobaas van die boendoe (1973), Pavane (1974), Die hamer van die hekse (1976), Die Jogger (1997).

Reisverhale: Pot-pourri (1962), Sempre diritto (1963), Olé (1965), Midi (1969), Parys-Parys: retoer (1969), Fado (1970), Latynse reise (1990).

Sy bekenste aanhaling is: "When the conspiracy of lies surrounding me demands of me to silence the one word of truth given to me, that word becomes the one word I wish to utter above all others."

André P. was vier keer getroud en volgens die Brink boek, drie keer geskei.

Sy oudste seun, Anton, was ook ‘n bekende kunstenaar.

Ons lees: “Anton Brink is a versatile artist who has mastered a variety of styles, techniques and materials to create powerful artworks in 2 and 3 dimensions. He has worked and exhibited extensively internationally and has been represented in private and institutional collections in Europe, South Africa, Australia and the USA. Anton will be exhibiting his work at the Gallery in the Round Monument everyday of Festival.

Dan kom ons by André se suster Elsabé * 14.3.1938 + 14.5.1996. Sy is getrou met Prof. D.H. STEENBERG * 4.1.1937. En dis as Elsebé STEENBERG dat sy as skryfster van Afrikaanse Kinderverhale bekend is.

Daar is ‘n tweede suster, Marita, * 3.2.1945 maar ons weet nie meer van haar nie. Dan ook ‘n broer Daniël Johannes (Johan) ‘n professor in fisika.

"e-SAGI" staan vir "Elektroniese Genealogiese Indeks van Suid-Afrika".
  • Bekom hierdie databasis met bykans 351 000 rekords. Altemit kry u u familie-inligting waarna u al so lank soek daarop. Dit is verkrygbaar op 'n kompakskyf (CD).
  • Plaas bestellings by Dennis Pretorius by krugersdorp@pixie.co.za. Die prys is R120. Vorige aankopers kan die jongste weergawe teen 'n verminderde prys kry.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...