Wednesday 11 November 2009

NUUSBRIEF, NOVEMBER 2009

DEUR BOB SAUNDERS, ONDER-VOORSITTER

Die jaar se einde kom nou vinnig en die November-vergadering is volgens taktradisie, die tyd wanneer ons ons jaarverrigtinge to ‘n slotsom bring. Hierdie jaar gaan glad nie van die tendens afwyk nie, maar ons gaan wel ons vergadering later hou as gewoonlik weens die feit dat die NUK van GSSA/GGSA op Saterdag 21 November plaasvind . Dus is ‘n besluit geneem om die takvergadering met ‘n week uit te stel tot 28 November. Ons vertrou dat die lede hierby sal inpas.

IDEES

Verder, wil die komitee graag weer ‘n versoek aan lede rig om asseblief idees vir die jaarprogram aan te stuur, of versoeke vir spesefieke bespreekingspunte voor te stel, om ‘n bietjie meer pertinente inhoud vir ons lede aan te bied.

POOR RESPONSE

The response to my request for snippets of news or recollections of breakthroughs made in your research or even those chance meetings with total strangers, or any other incident that made the world of difference to your research, has not been particularly fruitful, and this is rather disappointing. I know each one of you have had experiences which would have affected your approach to your research or in some cases caused you to make real progress after the event. Do take the time to share this with us. It could make the difference to someone else’s research or send them on a course not yet considered. That’s what it is all about, sharing experience and knowledge. If you are unsure of how to write/present your snippet, talk to Bob or Penny and we will either help you write or write for you based on the facts presented. The point is to get the message out there.

KOMITEEVERGADERING, OKTOBER 2009

Die komitee het nie in Oktober vergader nie omdat ons tak nie, soos gewoonlik, in Roodepoort vergader het nie, maar wel ‘n uitstappie na die “SUIDE” (van Johannesburg) gewaag het. Ons kommittee sal weer op 28 November te Phillipslaan om 12h00 saamtrek.

OCTOBER 2009 BRANCH MEETING

What an impromptu meeting we had at the home of John (left) and Iris Stephens last month when the inclement weather put an end to the planned cemetery recording exercise in the Eikenhof vicinity. Not that anyone is complaining about the rain, which was sorely needed at the time. It poured down with rain at the scheduled starting point of the “tour” at the appointed hour, and with the clouds hanging very low and unleashing their load on us, John braved the elements to visit each car and bid us to follow him to their home where we would ultimately have ended for the traditional refreshments.

Although we did not see the cemeteries we wanted to record, we were addressed by John on the topics of the Turffontein Concentration Camp Cemetery, Danie Theron – the greatest Boer spy, and about Hendrik Kamffer (who has a Stephens family connection).

These presentations were all about the local community and of course their part in the Anglo Boer War, which was traditionally marked by remembrance ceremonies and gatherings around 10 October every year, but which sadly no longer take place.

John Stephens of course, is our branch secretary. Thank you John for the effort you put in, in preparing the presentations and to both you and Iris for welcoming us to your home and giving us food, drink and shelter. Lucas has a penchant for “the classics” when it comes to music, and we were entertained with a special performance of the Grand March from Aida played for Lucas on an old wind-up gramophone. It was quite a nostalgic moment as we were sitting in a “voorhuis” and listening to a very old recording in much the way the folk of the early 1900’s would have. Those who were there, I think, thoroughly enjoyed the afternoon despite the weather, but I think we will have to revisit this particular event at another time so that we might do those cemetery recordings as one of our branch projects!

MAANDVERGADERING, NOVEMBER 2009

Ons volgende takvergadering sal Satedag, 28 November 2009 by die NG Kerk, Ontdekkerskruin, Phillipslaan, Discovery, Roodepoort, plaasvind om 14h00 (2nm). Ons sal nie ‘n gasspreker hê nie aangesien ons ‘n mini-uitstalling gaan hê (soos verlede jaar), van ons lede se werk en ander eksemplaare van stambome, ens. U word dus vriendelik gevra om iets saam te bring vir uitstalling en bereid te wees om daaroor te praat of vrae daaroor te beantwoord. Onthou dit is nie ‘n kompetisie nie, maar ‘n uitstalling van voltooide asook onvoltoide (work in progress) werke, met die doel om van mekaar te leer en met mekaar te deel. Wees asseblief nie skaam nie, en bring jou werkstukke – dalk kry jy goeie idees of raad wat ‘n positieve verskil aan jou projek sal maak.

REQUESTS

You are reminded of the project which was launched in September by the Northwest branch of GSSA in conjunction with LAPA Publishers. The book which will be called “Wie is ons regtig” is in part a reference to the current TV series ‘Who do you think you are’, and we are requested to provide short personal stories for publication into an omnibus format. The request (paraphrased), reads as follows:
“Ons sal dit waardeer indien jy alle lede aanmoedig om hul bydraes vir die beoogde bundel aan ons te stuur. Die bydraes moet fokus op interessante/snaakse/dramatiese gebeure of karakters, heldedade ens. wat die oningewyde sal interesseer of vermaak”.

Refer back to the September newsletter if you will, for my deatils should you wish to participate, or drop me a line at westgssa@iafrica.com for more information.

Lucas can still use some assistance with the eSAGI project. Please drop him a line at: lgrinken@iburst.co.za if you would like to assist, as there are many ways which as individuals we can assist him in this tremendous (branch benefitting) project.

MEEGEVOEL

Die komitee en lede van die Wesgautentak spreek ons meegevoel uit aan Valda Napier wie se man op 18 September na ‘n lang siekebed oorlede is. Valda het soos volg geskryf:

“NAPIER, John William Edward, passed away after a long illness, on 18 October 2009 at the age of 73 years and 8 days. He is survived by Valda his devoted wife of 44 years. He is now at peace and no more suffering. God Bless him."

Our deepest sympathy is extended to you Valda, at this very sad time.

I have also chatted very briefly to Ruth Jobson, and can confirm that Alister is still in ICU. He is recovering very slowly from the pneumonia and they are trying to wean him off of the respirator. That he is recovering is good news. Our thoughts are with you both Ruth, and we wish Alister a more speedy recovery than has been too date.

VERJAARSDAE

Hartlik geluk aan die volgende lede wat verjaar:
21 November – Frans Viljoen en Erik Kriel;
22 November – Louw du Plessis;
25 November – Danie Jacobs;
1 Desember – Penny Evans;
4 Desember – ons voorsitter, Lucas Rinken;
6 Desember – Dennis Pretorius;
19 Desember – M. Deacon;
7 Januarie – Minnie Pretorius;
12 Januarie – Lorraine Dick;
25 Januarie – Graham Southey;
26 Januarie – Louise Dick.

PERSONAL ANECDOTE

Harking back to my own personal research of the SAUNDERS family – specifically of one William Frederick SAUNDERS who is our family progenitor and the Anglo-Boer War, I posed a question to one of our branch members Neels Coertse in a discussion we were having with regards cemetery recordings and the ABW, how it was that arch enemies could find themselves in a marriage – which of course was the case with my paternal great grand parents, the same William Frederick SAUNDERS and Susanna Margaretha LANDMAN. Neels had been reading a book by PG du Plessis called ‘Fees van die Ongenooides’ and sent me the following revue:


FEES VAN DIE ONGENOOIDES deur P.G. DU PLESSIS

Bob Saunders het nou die ander dag vir my geskryf en vertel dat sy oupagrootjie ‘n Rooinek soldaat was en sy oumagrootjie ‘n Boeremeisie. Hulle het in die Engelse Kerk op Volksrust met mekaar getrou.


Die agtergrond waarna Bob verwys is natuurlik die Tweede Vryheidsoorlog tussen Brittanje en die twee Boere Republieke. Die huwelik van Bob se oupagrootjie en oumagrootjie onderstreep ons universele mensheid. Oorlogskanonne, bajonette en afgebrande plaashuise keer nie die liefde tussen ‘n man en ‘n vrou nie. Die liefde tussen ‘n Rooinek soldaat en ‘n Boeremeisie. Dis een van die goed wat in P.G. Du Plessis, een van ons beste Afrikaanse skrywers, se Fees van die Ongenooides gebeur. Dis ‘n omvattende boek.

Soldaat se sterfbedverklaring aan Magrieta dryf haar na skoonpa se graf toe. En sy sê: “Pa, ek het ...”

Wag – miskien het ek sommer by die einde begin en te veel vertel. Kom ons begin redelik voor in die boek waar Majoor Philip Brooks, afgetree, ‘n bundel foto’s in ‘n argiefbewaarplek oopmaak. Die ingekleurde foto van die mooie Magrieta van Wyk lê voor hom op die tafel en die onthou is vlak in hom. En hy onthou die klavier; en hoe hy met haar gesels het en klavier moes speel; en hoe sy hom vertel het van die kind.

Joey Drew, oorlogsfotograaf, het die familiefoto van die Van Wyks op hulle plaas afgeneem. Hy het die foto van Magrieta besonder mooi ingekleur. Toe hy haar die eerste keer gesien het, het hy hom doodgeskaam vir sy boemelaarsverslonsheid. En hy onthou dat hy eens op ‘n tyd, daar in Kimberley, belangrik genoeg in sy eie oë was om bekend te staan as Joey Drew Esq.

Joey Drew was nie heeltemal die vriend van die waarheid nie. Ek dink hy het ligweg gebloos as hy die waarheid per geleentheid kwytgeraak het – veral oor hoe hy die kamera in die hande gekry het.

Vergelyk Joey Drew met Daantjie Van Wyk [Daniël Egbert Van Wyk] dan sien jy Daantjie is ‘n liegbek wat ‘n goue medalje vir lieg op enige Olimpiese Spele kan losslaan, lospraat of loslieg.

Daantjie praat jou ore van jou kop af oor patriotisme en verraaiers – jy kom diep onder die indruk van hierdie man se vaderlandsliefde en sy bereidwilligheid om te sterf as dit dan moet – wel, so praat Daantjie.

Dorothea Van Wyk is die moeder van Snobisme. Sy kan nie glo dat daar mense soos die Minters moet leef nie en dat hulle boonop bywoners op hulle familieplaas moet wees nie. Sy sou lekker saam met die Fariseër in die tempel kon bid en dankie sê dat sy nie soos die Minters is nie.

Sy’t nie daarvan gehou dat Petrus Minter, die bywonersklong, dit durf waag om na haar dogter, Nellie, te kyk nie. Dan sien sy haar dogter staar vir Petrus terwyl “... haar jong tepels styf teen haar rok druk.” Daantjie het ook probeer om Petrus van sy suster weg te hou. Toe trou Petrus met Nellie.

Petrus se sussie, Fienatjie Minter het nooit verkeerd gedroom nie, omdat sy met die helmet gebore was. Wat Fienatjie gedroom het, het gebeur; hierdie engel – die “... druppel God.”

Een Sondagmiddag, tydens ‘n familie ete het Daantjie se woord-diaree oor die edelheid om oorlog vir jou land te maak en die hoogste tol wat ‘n trotse burger moet betaal, ‘n familietwis met sy oom veroorsaak.

Toe breek die oorlog uit.

En Daantjie sien sy eerste oorlogsslagoffer langs hom neersyg in die stof met ‘n Britse koeël deur sy kop – toe “... bepis en bekak ...” Daniël Egbert Van Wyk homself.

Sy getroue plaaswerker, Soldaat, wat in die geheim by Daantjie geleer skiet het, moes hom van die slagveld afdra met daardie vuilbroek. En die Boerekrygers het dit gesien. En hulle het onthou, maar nie gepraat nie.

Daar is geen keer aan Daantjie nie – hy sterf vir sy volk en sy vaderland.

Die mooie Magrieta word een nag verkrag. Later word hulle plaashuis afgebrand.

Tant Gertruida, die oujongnooi suster van Danie Van Wyk, het ‘n klavier by haar geheime liefde as geskenk gekry. Dit word nie gebrand nie.

Brooks se tent in die konsentrasiekamp is neffens ‘n hekkie waardeur die mooie Magrieta kan stap om by hom en die klavier uit te kom. Sy het vir Brooks met haar heel eerste besoek beveel om aan te hou speel want dan kan daar geen geskinder wees nie. Skindertonge voel ‘n snars vir die waarheid. Skinder is mos maar lieg ook, nie waar nie?

Oorlogskanonne en liefdesmusiek en skinder in die Anglo-Boere Oorlog – teelaarde vir baie stories. Sien jy wat ek bedoel het toe ek na Bob Saunders se oupagrootjie en oumagrootjie verwys het?

Toe die oorlogskanonne stil raak en die Boerekrygers gewere neergooi en “joiners” word, toe gebeur die wonder: Daantjie staan op uit die oorlogsdode.

Daantjie, met ‘n nuwe lewe, gaan lustig voort met sy grootpraat en ompraat en nonsenspraat, selfs op kerkraadsvergaderings. Hy kan voortpraat solank Soldaat nie praat nie. En sy vrou Magrieta sit oënskynlik lieftallig maar heimlik minagtend langsaan haar gryswordende “eerbare” man.

Hoe verstaan jy die liefde tussen ‘n Britse soldaat en ‘n Boeremeisie? – so het Bob vir my gevra.

Ek weet nie, Bob.

Ek dink dis verby verstaan. Die liefde loop waar hy wil en hoe hy wil. Oor en verby oorlogsgrense. En die liefde is doof vir die bulder van kanonne en die knetter van plaasopstalle wat brand. Die liefde hoor nie die diere wat bulkend vrek nie.

Lees Fees van die Ongenooides.

Neels COERTSE, Sandton, 23 Oktober 2009.

Dankie velemale,  Neels, vir hierdie skitterende bydra en die geleentheid om dit aan ons lede en die groter publiek eerste bekend te stel.

And there you have it folks, join me in reading this book to get a deeper understanding of the events and times around the 1900’s that brought the likes of my great grandfather to this beautiful country during those dreadful years and which then brought him together with my great grandmother whom I never met and of whom there is very little recollection (historically).

TAKBIBLIOTEEK

Ons takbiblioteek is onder die toesig van ons eie Graham Southey. Maak asseblief gebruik van hierdie gerief wat gratis beskikbaar aan ons taklede is, voor gedurende en vir n kort rukkie na ons takvergadering . Dit bestaan uit allerei boeke, tydskrifte en joernale van verskeie genealogiese vereenigings asook famielie geskiednis genootskappe, en van die SAG bundels.

OTHER BRANCH NEWS

The Northern Branch (Pretoria) is arranging and archive tour to the Western Cape between 2 and 7 May 2010 which includes three days of access to archives in Cape Town. The cost of R4 300 p/p sharing includes return flights, transport, accommodation on a B&B basis, day visits to Franschoek and Stellenbosch and all entrance fees. More information available at: eharmse@mweb.co.za

They are also planning an excursion to France and possibly also the Netherlands in 2011. I believe Dr. Rentia Landman can provide more information on this particular event.

We have also been advised that the next edition of the Familia Omnibus Volume Four has been released for printing. The following family names are included in this volume:

BAUMANN, BENCE, BURGER/BURGERS, CHURCH, CLACK, COOMBS/COOMBE/COOMBES, CRAFFERT, CRAFFORD, EAGLETON, FITZGERALD, FONTERNEL, GAARKEUKEN, GRUNDLING(H), JANKOWITZ, LABISTOUR, LERM, LOCKHART, MANS, MOOLMAN , PANSEGRAUW/PANSEGROUW, RHEEDER(S), STULTING, VAN WYK, WOCKE, ZERVAS.

The Omnibus will cost you R170 and should be available at our final meeting on 28 November. If not or should stock run out, you can order from the following addresses:

secretary@ggsa.info
tesourier@ggsa.info

where you will also find the banking details for GSSA.

Daarmee die einde van ons nuusbrief. Ons hoor graag van u oor die inhoud hiervan, kommentaar of verdere bydraes en enige versoeke. Skryf gerus aan enige van die komitteelede of direk na my per e-pos.

Ons sien uit na ons vergadering/uitstalling einde November en wil graag sien wat jy mee besig is asook wys wat ons almal besig hou! Onthou die datum 28 November 2009 en u afspraak te NG Kerk Ontdekkerskruin, Phillipslaan, Discovery, Roodepoort, om 14h00 (2nm).

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...