Thursday 22 October 2009

THERON-GESLAGREGISTER BEKENDGESTEL

Professor Christo Viljoen,voorsitter van die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika, skryf op SAGenealogie:

Die Theron-geslagregister, opgestel deur (wyle) dr Chris Theron (van Upington) word Saterdag, 24 Oktober 2009, bekend gestel by die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika. Dit begin 10:30 in die NG Kerksaal, Franschhoek.

Die boeke is persklaar gemaak deur mev Jeanette Theron (eggenote van dr Chris Theron), dr Hannes Theron, 'n afgetrede geoloog van Stellenboschen Andries Nieuwoudt, skoonseun van Jeanette Theron.

Die stel bestaan uit twee boeke en 'n kompakskyf.

  • Volume 1 (371 bladsye) bevat die verhaal van die Therons in Suid-Afrika, is ryklik geïllustreer met foto's (sommige in kleur) en bevat 'n volledige naamindeks van Therons en aangetroudes. 
  • Volume 2 (505 bladsye) bevat die genealogie van die Therons in Suid-Afrika. 
  • 'n Kompakskyf wat die naamindeks van Therons en aangetroudes, die foto' 'n grafiese voorstelling van die eerste 5 geslagte van die Therons bevat, gaan saam met die twee boeke
    Die twee boeke en kompakskyf word as 'n stel teen R350 verkoop. Saterdag word die stel teen 'n spesiale bekendstellingsaanbod eenmalig op Franschhoek met 'n afslag van 20% aangebied, daarna teen 'n afslag van 20% aan lewenslede, en 'n afslag van 10% aan gewone lede van die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika.

    Navrae insake die AJV van die Hugenote-Vereniging kan gerig word aan me Amelia Schwenke, by tel (021) 876-2598 (smiddae).

    No comments:

    Post a Comment

    Note: only a member of this blog may post a comment.

    Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...