BAIE URE SE KYK HIER
sagenealogie.com of sagenealogy.com.
(Klik op een van bostaande.)
(Klik op een van bostaande.)


“SAGenealogie is 'n wêreldwye genealogiese gespreksgroep op die Internet met Afrikaans as voertaal. Dit bestaan tans uit amper 800 vriendelike en hulpvaardige genealoë van rondom die aardbol wat wissel van beginners tot gesoute en selfs professionele navorsers in sy geledere”.
Dié webtuiste bevat ‘n magdom inligting. Kyk net:
- ‘n Foto-databank met honderde interessante en insiggewende foto’s – van ABO-foto’s en kerke in ‘n rits dorpe tot begrafnisbriewe en ou vervoermiddels.
- Dit is ook die vertrekpunt vir nuwe lede van SA Genealogie-gespreksgroep waar lede (let wel daar is amper 800) mekaar onder meer help om hul voorsate op te spoor.
- Dit bevat ‘n reeks beproefde genealogiese skakels.
- Verskeie lede se webwerwe is te sien.
Onder: Een van die ongewone foto's op SAGenealogie se foto-databasis. Zeederberg se Sebra-span op Pitersburg gereed om die pad na Leysdorp (1881). Foto: H Exton-versameling.

Bron: Neem uit die Verlede (Nasionale Parkeraad van Suid-Afrik). Dr U de V Pienaar, "Transportpaaie", p. 273
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.