Sunday 30 March 2008

HAPPY BIRTHDAY

This blog of the West Gauteng Branch of the GSSA is one year old today.

Up to now exactly 100 reports/articles were published.

More exciting is that we've had more than 5 600 visitors to our blog since 1 April 2007. On average there were 133 visitors per week. One quarter of these visited the blog for a second time or more in the same week. Approximately half of the visitors were serious visitors. The other half accessed us by accident while "surfing" on the internet.

We had visitors from all five continents. It totalled no less than 54 countries. We have regular visitors from a number of them.

"So what do all these statistics really mean?" you may ask. It is exposure -- exposure to our blog and exposure to genealogy.

  • As a birthday present all reports were indexed.
It appears on the left in the sidebar.

This index will make it possible to easiliy trace reports that were published.

BRANCH COMMITTEE, 2008/2009


The AGM held on 15 March 2008 is behind us. In the process we had to say goodbye to two members of the committee, namely:

  • Our vice-chairman, Japie Bosch, and
  • Our long-serving custodian of the library, Louise Dick.
The society is grateful for the service these two individuals gave to the branch and its committee. We wish them well.

The names of committee for 2008/2009 appears in the left sidebar.

Bob Saunders (left) have been elected as vice-chairman.

Japie (although no longer a resident member of our branch) will still be active as he will continue to administer and edit our blog.

We have the pleasure to welcome aboard two new committee members to assist in the guidance of the branch. They are:

  • Graham Southey to take over the task of librarian and
  • Dereck Rubidge who joins as the additional member.
We are extremely grateful to them for accepting nomination, and look forward to their input.

A committee meeting will be convened within three weeks to plan the year ahead. We will advise you in due course what the programme is likely to be. -- Bob Saunders.

Friday 21 March 2008

'N ERNSTIGE WAARSKUWING

Die volgende belangrike "lesse" het onlangs op SAGenealogie verskyn:

Christo Viljoen: Net om julle daaraan te herinner om gereeld rugsteunkopieë van jul genealogiese data te maak, en dit op 'n ander stoormedium as die hardeskryf waarop die data voorkom. Ek het pas, vanweë 'n spanningspits in die kragtoevoer, sowel die kragbron as die hardekskyf van my rekenaar verloor. Dit is die slegte nuus, en dat die herstel daarvan 'n paar honderd rand sal kos. Die goeie nuus is dat die data op die foutiewe hardeskryf herwin kan word.

Ek maak gereeld rugsteunkopieë van my data (en stoor dit op 'n eksterne hardeskyf), maar die laaste rugsteun wat ek gemaak het, was vroeg in Januarie gedoen. Sedertdien het ek baie nuwe genealogiese inligting bygevoeg, en dit sluit nie die genealogiese fotos in nie.

Dus: maak gereeld (weekliks!) 'n rugsteunkopie. Dit sal verhoed dat julle, soos ek 'n kommervolle naweek deurbring in afwagting van die nuus of die data herwin kan word, of nie. Dit sou 'n ramp wees as ek nie al die inligting kon herwin nie. Sodra ek my rekenaar terug ontvang, maak ek tweede rugsteunkopieë van alle fotos, ens. op kompakskyf.


Susan Viljoen, Alberton: Na aanleiding van Christo se ervaring, deel ek die volgende met julle vir wat dit werd is:

Tydens ons vakansie in Desember het ek my skootrekenaar saamgevat om daar 'n bietjie te kan werk aan transkripsies. Terwyl ek besig was daarmee, het die skerm skielik swart geword en daar was ‘n foutboodskap. Afsit en aansit het nie gehelp nie. Tuis het my rekenaartegnikus my meegedeel dat my hardeskyf ongelukkig die lewe gelaat het en meer nog, dat dit sodanig kapot is dat herwinning van inligting onmoontlik sal wees.

Moontlik sou dit êrens tog deur ‘n ekspert teen groot koste gedoen kon word, maar gelukkig was dit nie nodig nie omdat ek juis kort voor ons vertrek van alles op daardie rekenaar rugsteunkopieë gemaak het.

Die punt is egter dat, volgens my tegnikus, ‘n skootrekenaar se hardeskyf meer blootgestel is aan moontlike heengaan sonder dat iets gered kan word as ‘n gewone rekenaar s’n, omdat die hardeskyf van ‘n skootrekenaar uitteraard meer beweging ervaar. Volgens hom is dit belangrik dat mens ‘n skootrekenaar wat in gebruik is, nie moet ronddra nie.

En dus maar, soos vir alle rekenaars waar is, gereeld die vervelige takie van rugsteunkopieë moet aanpak. En moenie jou e-pos vergeet nie! (Dis ‘n vorige les wat ek geleer het ... )

Tuesday 18 March 2008

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (11)

Byname

Deur Lucas Rinken

* "e-SAGI" staan vir "Elektroniese Genealogiese Indeks van Suid-Afrika".

  • Bekom hierdie databasis met bykans 351 000 rekords. Altemit kry u u familie-inligting waarna u al so lank soek daarop. Dit is verkrygbaar op 'n kompakskyf (CD).
  • Plaas bestellings by Dennis Pretorius by krugersdorp@pixie.co.za. Die prys is R120. Vorige aankopers kan die jongste weergawe teen 'n verminderde prys kry.

Soek ‘n mens in ons databasis vir byname, is daar baie! Heelwat is afkortings soos Bill vir William, Jan vir Johannes, Neels vir Corneli(u)s, Trudie vir Gertrude of Gertruida, Lenie vir Helena, ens. Baie bekend is Nicholas Everhardus (Ewie) CRONJE en sy bekende seun, Wessel Johannes (Hansie) CRONJE -- Suid Afrika se krieketkaptein van ‘n dekade of wat gelede. Ook baie bekend is Generaal Jacobus Herculaas (Koos) de la REY (links) en sy vrou Jacoba Elizabeth (Nonnie) GREEFF. Dan is daar ook Hendrik Christoffel (Drikus) de WET.

Soms is die byname meer interesant soos Catharina Hendrina (Arina) BESTBIER of Hester Helena (Esna) BESTER. Hoe kry jy Lizett vir Elizabeth Anna BREDENKAMP, Coert vanaf Jacobus Johannes BRUWER of Rosa vanaf Johanna Geertruida Jacomina CONRADIE? En Francis uit Johanna Magdalena CROMHOUDT?

‘n Mooi samevoeging is Marilize vir Maria Elizabeth KRIEL.

Dan weer ander waar die voornaam se spelling heeltemal verander word, soos Johan Christiaan (Krisjan) CONRADIE, ook Christiaan (Krisjan) de WITT. Of Charel vir Adrian Sarel de BEER.

Met ander weer word die bynaam afgelei van die van soos ons oud Staatspresident Blackie SWART. ‘n Ander voorbeelde is Friedrich Wilhelm (Oom Biesie) BIESENBACH.

By ander weer, word die voorletters as bynaam gebruik AB de Villiers of JP Duminy wie tans so lekker in die Protea-span kolf ( Nie dat ons hulle in die databasis het nie. Kan iemand dalk help?) Maar ons het wel Prof. NP van Wyk LOUW

Dan wonder ‘n mens soms waar dit vandaan kom. Hier volg ‘n klompie:

Carolina Magrietha (Koekie) AUCAMP, Albertus (Buks) en Elsie Susanna (Kintie) BADENHORST, Marjorie (Cuckoo) BAIN, Anna Elizabeth (Nonna) BARKHUIZEN, Gerhard (Musti) BENEKE, Johanna Adriana (Baby) BESTBIER, Alwyn Nicolaas Willem (Apie) BESTER, Johan David (Spekkie) BEYERS, Lancelot Victor (Chummie) BLACKBEARD, Annamarie (Umsi) BOTHA, Anton Michael (Gallie) BOUWER en Hendrik Worthington (Kouli) BOUWER, Daniel Jacobus (Danie Gentleman) BRUWER, Raymond (Humpty) BRUYNS , Pieter Hendrik (Cassimier) de VILLIERS. Ook Pieter Gerhardus Jacobus (Master) de WAAL en Pieter Jacobus (Ponie) de WET. Dan ook Dirk Wouter (Poekie) du PLESSIS.

By ander kan ‘n mens raai:

Jan Paul (Jan Ratel) BORNMANN - was hy dalk ‘n taai kerel? Hermanus Stephanus (Sterk Hermanus) BOSMAN of Adriaan Johannes Gysbertus (Lang Adriaan) de la REY. David Cornelis (David Lawaai) de VILLIERS. Sou David Jacobus (David Vaalpens) de VILLIERS dalk aandui wanvaar hy kom? En welke soort persoon was Jacobus Johannes (Koos Muis) de VILLIERS? Daar is ook ‘n Groot Proppie en sy seun Klein Proppie de VILLIERS. Wat van Christian Jacobus (Stil Koot) DORFLING.

Maar waar sou oud minister Roelof Frederik (Pik) BOTHA se bynaam vandaan kom? Of die van bekende Hans Dons de LANGE (Johan Hendrik).

(Pik het sy bynaam van sy kleintyd gekry toe sy ma hom soms in wit en swart aangetrek het. Sommiges het gesê hy lyk soos ‘n pikkewyn wat toe later Pik geword het. – Blogredakteur)

En ander weer het byname wat mens liewer so wou verswyg: Frances Jemima (Fanny) CARLISLE.

By die adelikes is dit dikwels interesant: Arnulf I Count of Flanders (the old and the great) of Baldwin I (Iron Arm) Count of Flanders ook Baldwin VII (the Axe) Count of Flanders. Dan ook Rodrigo (El Cid) DIAS DE VIVAR.

Ander weer wil wegskram van hul agtergrond. Hul wil nie as Afrikaans of Engels gesien word nie. Voorbeelde is Izak Frederick Albert (Derick) de VILLIERS of Jan (Jean) de VILLIERS. Daarteenoor Jean (Jan) de VILLIERS. Maar ook Johannes David (John) de VILLIERS.

Maar genoeg deur ons databasis gesoek, hoewel ons seker baie meer sou kon opdiep. Ons volstaan met die bynaam “Lood” wat 4 maal in ons databasis voorkom. Belangrikste is Majoor Johannes Lodewyk (Lood) Pretorius, b3c1d5e13f1g1h2 getroud op 26.5.1900 in die NH Kerk Pretoria met Martha Jacoba (Minnie) van den BERG.

Sy notas in ons databasis lees soos volg:

Oorgeneem uit 'Overvaal Musea-nuus' jg. 3, no 2, Junie 1976:

'Ons het alma1 we1 op een of ander tydstip die uitdrukking 'Skote Petoors' gehoor, sonder om kennis te dra van die interessante agtergrond oor die ontstaan daarvan.

Die algemeen aanvaarde teorie kan teruggevoer word na 20 Oktober 1899 met die slag van Talana. Die boere onder generaal Lucas Meyer het met artillerie bo-op die heuwel stelling ingeneem terwyl die Britse mag onder bevel van generaal Penn Symons onder in die kom gevestig was. Onder die geledere van die burgers was daar 'n kleinseun van Marthinus Wessel Pretorius en seun van luitenant-Kol. Henning Pretorius, die beroemde eertydse bevelvoerder van die Staatsartillerie.

Nadat die vroee oggendmis oopgetrek het oor Talana, kon die Boere beweging in die Britse kamp ver onder in die dal bespeur. Genl. Meyer het besluit om nie langer te wag nie en het Lood beveel om met die Krupp-kanonne los te brand. Sonder om die gebruiklike twee proefskote te vuur, het Lood se tweede skoot naby Genl. Penn Symons se tent binne-in die vyandelike kamp geval. Een van die opgewonde Boere, sonder om te besef dat hy op daardie stadium 'n nuwe idiomatiese uitdrukking die lig laat sien het, het 'Skote Petoors' in Lood se rigting gebulder. Ten spyte van Lood se akkurate kanonvuur is die burgers deur die Britte verdryf van die heuwel.

Dit was egter nie die einde van Lood Pretorius nie. In die daaropvolgende weke saai sy grofskut verwoesting by Lombardskop en Platrand. Kaptein Lood Pretorius se roem styg verder met die slag van Colenso, 15 Desember 1899, waar hy skitterende werk lewer met die Boere-artillerie en onder hewige vuur doodkalm, tussen die kanonne beweeg om hom te vergewis dat alles in orde is. Later volg Spioenkop en Vaalkrans waar die Transvaalse artillerie verwoesting saai. Na die ontset van Ladysmith deur Sir Revers Buller, was die stryd in Natal vir alle praktiese doeleindes verby. Lood het hierna na verskeie vegterreine verskuif, maar is teen die einde van 1901 gevang en na St. Helena gestuur.

Na die oorlog het hy in die Weermag aangebly tot die uitbreek van die Eerste Wereld-oorlog, en is in 1939 oorlede op sy plaas wat aan die van sy swaer, Gustav Preller grens. Hy het 'n opvallende voorkoms gehad: lening en skraal, met fynbesnede gelaatstrekke en wakker oe.

Een van die mees oorspronklike byname is die van die Vrystaatse rubyspeler, Kabamba Floors.

Rapport het ‘n tyd gelede berig dat hy as ‘n klein seuntjie baie graag baie na die radiokinder- program, “Siembamba”, geluister het. Pleks van “Siembamba” het hy van “Kiembamba” gepraat. Dit het later Kabamba onder sy vriende geword. -- Blogredakteur.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...