Friday 10 October 2008

MAANDVERGADERING: 18 OKTOBER 2008

Datum: Saterdag, 18 Oktober 2008

Tyd: 14:00 tot 16:00

Plek: NG Kerk, Ontdekkerskruin, Phillipslaan, Ontdekkers, Roodepoort
(padkaart onder)

Onderwerp: Die Ontwikkeling van 'n Elektroniese Genealogiese Dataabsasis van Burgerlike Sterftes Gedurende die Anglo-Boereoorlog: 1899 -- 1902

Aanbieder: Celesté Reynolds

Verkorte CV:
  • 1998 – 2001: Erfeniskoördineer van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Een van haar take was die organisering van die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog. Dit is waar haar studie rakende die burgerlike sterftes gedurende die dié oorlog beslag het. Na deeglike ondersoek is tot die slotsom gekom dat daar slegs afsonderlike lyste is van die sterftes van vroue, kinders en bejaardes wat in die oorlog oorlede is en nie 'n gekonsolideerde lys nie.
  • 2007: Ná meer as vyf jaar se navorsing verwerf Celesté ‘n meestersgraad (met lof) aan die Noordwes-universiteit (NWU).
  • 2008: Aangestel as Argivaris by die NWU. Haar take sluit onder meer in die saamstel van inventarisse, die ontsluiting en beskikbaarstelling van inligting sowel as die langtermynbewaring van historiese dokumente asook die Universiteit se fotoversameling
  • Celesté dien op die bestuur van Erfenis Potchefstroom wat homself beywer vir die bewaring van ons kultuurerfenis. Sy is lid van Historia, SAMA, SAPCON en dien op die bestuur van die Noordwestak van die SA Genealogiese Genootskap. Sy is ook betrokke by die saamstel van die FAMNEA-publikasie.
  • Haar verhandeling is beskikbaar by die takbiblioteke van die NWU, insluitend die Vanderbiljpark- en Mafikengkampus. Die CD wat die databasis van name van oorlogslagoffers bevat, kan daar besigtig word.
  • Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het vanjaar geld beskikbaar gestel vir die publisering van haar MA-verhandeling. Dit word selde vir ’n Meestersgraad oorweeg.
Toegang: R5,00 vir verversings.

KLIK OP DIE KAART OM DIT VERGROOT
(BRON: Mail and Guardian Online)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...