SAG-CD's IN 2009 BESKIKBAAR
- Suid-Afrikaans Geslagregisters (SAG) se volume 17 (die laaste vanne tot Z) behoort teen November 2008 te verskyn;
- Die vrystelling van SAG-CD's sal hopelik in die eerste helfte van 2009 realiseer.
Hierdie goeie nuus het prof Christo Viljoen, onder-voorsitter van beheerraad van die Genealogies Instituut van Suid-Afrika (GISA), gisteraand aan die Wes-Gautengtak bekendgemaak.Hy was genader na aanleiding van 'n berig wat hy op 28 Augustus 2008 op SAGEN geplaas oor die omvattende werk aan SAG waarmee GISA tans besig is. Daarin het hy 'n perspektief oor SAG uiteengesit.
Prof Viljoen het hy soos volg geskryf:
"Wanneer die laaste volume van SAG is, is die reeks vanaf A tot Z voltooi. Dit is 'n mylpaal wat geen ander land nog op die gebied van die genealogie bereik het nie.
"Die eerste vier volumes van SAG (dws vanaf vanne A tot K) is nie deur GISA uitgegee nie, maar deur die Raad op Geestelikwetenskaplike Navorsing (RGN) in Pretoria voltooi, met wyle dr JA Heese as redakteur.
"Nadat die RGN sy Afdeling Genealogie gesluit het, is GISA tien jaar gelede gestig en het dit vanaf volume 5 (L - M) aan die SAG reeks voortgewerk."Dr Heese se oorspronklike doelwit was bloot om die bloedsamestelling (afkoms) van die Afrikaners vas te stel. Vir daardie doel het hy net belang gehad by die eerste tweehonderd jaar ná die volksplanting. Dit is waarom hy van die kerkrekords gebruik gemaak het en die reeks in 1850 afgesluit is. Die uiteindelike uitgee van die SAG reeks was 'n uitvloeisel van sy oorspronklike oogmerk
.
"Dit moet onthou word dat die eerste vier volumes van SAG byna uitsluitlik uit die handgeskrewe Heese-manuskripte saamgestel is -- natuurlik ook met uitsonderings. Wyle dr Heese het buiten De Villiers & Pama se drie dele hoofsaaklik gebruik gemaak van die Kaapse NG Kerk rekords, dws dope en huwelike tot om-en-by 1850 (wat saamval met die Groot Trek). Dit verklaar ook waarom daar so min sterfdatums in die eerste vier dele voorkom.
A-vanne
